Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma het steeds geen rus ná seun se dood

“Om elke oggend wakker te skrik en te weet dat my enigste seun voor ons voorhek vermoor is, is soos ’n pyn wat net nie kan verdwyn nie.”

Só vertel Denise Frolicks, ma van die bekende tatoeëerkunstenaarDane Frolicks, wat op 4 November 2014 voor sy huis doodgeskiet is.

Dane is na bewering op kort afstand vier keer in die kop geskiet.

Sedertdien het Denise en haar man, Steven, besluit om hul voorhek permanent met ’n slot te sluit, sodat sy nooit weer die geluid wat die hek maak as dit oopgaan, hoef te hoor nie.

Vandeesmaand word Vrouemaand gevier en as ma wat haar kind op ’n wrede manier verloor het, worstel Denise steeds met die pyn en kan sy nie vrede hiermee maak nie.

Met die dood van Dane het die Frolicks-gesin se lewe onherroeplik verander. Sedertdien vrees hulle vir hul lewe.

Twee verdagtes, D’Hanowich Liebenberg en Dylan Lackay, is tien dae ná die voorval in die vroeë oggendure in Kaapstad in hegtenis geneem.

Vir die Frolicks-gesin was dit ’n oomblik van blye nuus toe die verdagtes agter tralies was.

Denise se lewe het op 26 November 2014 egter weer tot stilstand gekom toe die twee verdagtes met hul hofverskyning op R1 000 borgtog vrygelaat is.

’n Geskokte Denise vertel: “Toe die polisie ons in kennis stel dat die verdagtes vasgetrek is, het ons hoop gehad dat geregtigheid sal seëvier. Ons is toe deur die drie polisieondersoekbeamptes gerus gestel dat die verdagtes nie op borgtog vrygelaat sou word nie. Hulle het aanhoudend gesê dat hulle die borgtog gaan teenstaan. Maar, tot ons ontsteltenis, was nie een van die drie beamptes die dag van hul verskyning by die hof om dit teen te staan nie.”

Sedertdien is die moordsaak elke keer uitgestel totdat dit uiteindelik na die Paarl-streekhof oorgeplaas is.

“Ek het verstaan dat die saak elke keer met die bou van die tydelike Paarl-streekhof uitgestel sou word weens kommer oor die veiligheid van die getuies,” verduidelik Denise.

’n Angstige Denise vertel sy het sedert Dane se dood elke dag in vrees gelewe en sy het gevoel sy moes elke oomblik oor haar skouer loer om seker te maak sy is veilig.

“Ek as ma het nou besluit om nie meer oor my skouer te loer en weg te kruip of weg te hardloop nie. Sekere sake kry voorkeur. Dit is nou tyd dat geregtigheid vir my kind moet geskied. Die verdagtes beledig elke keer die hof met hul verskonings en elke keer word die saak net uitgestel.”

Die Frolicks-gesin, wat eens op ’n tyd gelukkig was, is egter nou afgesluit van die samelewing.

Denise is van mening dat mense inligting het wat kan help om Dane se moordenaars vas te trek, maar hulle is te bang om na vore te kom.

“Sommige mense is onsensitief en besef nie hoe moeilik dit is om ’n kind veral op só ’n manier te verloor nie. Ons is weens hierdie voorval verskeie kere gedreig, ons huis is dopgehou en hier ry gereeld verdagte voertuie voor ons huis verby.”

Die rede vir wat alom as ’n “sluipmoord” beskryf word, is steeds nie bekend nie.

Die twee verdagtes in die moordsaak verskyn weer Vrydag 21 September in die Paarl-streekhof.

Mense wat moontlik inligting het wat die polisie met hul ondersoek kan help, kan die Paarl-Oos-speurafdeling by 021 877 5900 skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

The mother of popular tattoo artist Dane Frolicks still cannot get closure after her son’s death four years ago, as the case has still not been solved.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.