Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma nog in die war oor seun

’n Ma van Wellington is in rou gedompel terwyl sy steeds worstel om oor die dood van haar seun te kom.

Niemand kan steeds ses maande ná haar kind se dood enige verduideliking gee hoe haar seun so ’n aaklige dood gesterf het nie.

Elsie Cameron se seun, Riejanno Darries (30), was ’n voormalige leerder van Weltevrede Sekondêr wat akademies uitgeblink het en ’n goeie skaakspeler was.

Hy was ’n belowende seun wat sy studies in ingenieurswese wou voortsit. Sy studies is egter in sy tweede jaar gestaak, toe die jongman van verkragting beskuldig is.

Hiervoor is hy tien jaar tronkstraf opgelê en moes hy sy vonnis by die Drakenstein Korrektiewe Dienste uitdien.

Elsie, van Newrest in Wellington, is in Februarie vanjaar meegedeel dat haar seun ernstige brandwonde opgedoen het.

“Die meneer van die gevangenis het net gesê Riejanno het gebrand.”

Sy is dadelik na die Tygerberg-hospitaal waarheen hy geneem is en met haar aankoms by die hospitaal se waakeenheid was Riejanno reeds in ’n koma.

Volgens Elsie het die dokter min hoop gehad dat haar seun sy erge brandwonde sou oorleef.

“Maar die dokter het my steeds moed ingepraat en gesê dat hy sy beste sou probeer om Riejanno se lewe te red. Toe die dokter omdraai om na sy tafel te stap, het ek die kans gewaag en die kombers van my seun af opgelig.”

Met skok het sy self gesien hoe haar kind van sy kop tot sy middellyf verbrand was.

“Hy was gaar gebrand en ’n mens kon duidelik sien dat hy iewers in kookwater of so gedompel is,” sê sy.

Met Paarl Post se onderhoud met Elsie was die pyn op haar gesig duidelik te sien elke keer as sy haar seun se naam genoem het.

Elsie, wat kort-kort tussen haar woorde asemhaal, vertel: “My kind het soos ’n mummie gelyk; ek het hom nie so geken nie.”

Riejanno het ’n week later aan sy wonde beswyk.

Sedertdien soek Elsie antwoorde by Drakenstein Korrektiewe Dienste oor wat met haar seun gebeur het, maar elke keer kom sy voor dooiemansdeur te staan.

“Ek het aan een van die senior mense by die tronk verduidelik dat ek my seun se brandwonde self gesien het. Ek wil net weet wat met hom gebeur het om berusting te kry,” sê sy en voeg by niemand van die gevangenis het sedertdien met haar gepraat nie.

Intussen is sy dankbaar vir die groep Compassionate Friends wat mense wat ’n geliefde verloor het, ondersteun.

“As ma soek ek antwoorde; ek wil berusting vind oor hoe my kind gesterf het.”

Paarl Post se navraag aan Drakenstein Korrektiewe Dienste het niemand teen druktyd geantwoord nie.

. A mother of Wellington cannot come to terms with her son’s terrible death, until someone can explain to her how he was “boiled alive”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.