Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma vlug met kind teen hof

’n Ma van Bloemfontein en haar vierjarige seuntjie word in Paarl gesoek nadat die Vrystaatse hooggeregs­hof ’n soektog van stapel gestuur het.

Die hof het onlangs beveel dat die ma, Luluah “Lulu” Athanasov Louw, haar seuntjie, Sammy Louw, teen 5 Maart om 18:00 aan sy pa, Cornel Louw, terug moes besorg ná sy hom by sy kleuterskool in Bloemfontein ontvoer het.

Lulu en haar vriend, Willem le Roux, van die Paarl, het glo 15 Februarie die seuntjie by sy skool gaan haal en hom na die Wes-Kaap gebring vir ’n vakansie. Cornel het 19 Februarie by die hooggeregshof bevestig dat hy die seun se primêre voog is en dit is tóé dat die hof beslis het die kind moet 5 Maart terug by sy pa wees. Lulu het egter versuim om dit te doen.

’n Tweede hofbevel is 6 Maart uitgereik en die polisie het na die seuntjie begin soek. Nog ’n bevel is toegestaan dan Louw onmiddellik toesig oor sy seun mag neem en dat sy ma hom dadelik moet terugbesorg.

Kaptein Louise du Plessis, Paarl-polisie woordvoerder, het bevestig dat hulp aan die vierjarige seun se pa verleen is.

“Die saak van die oortreding van die hooggeregshofbevel word deur Bloemfontein-polisie ondersoek en die Paarl-polisie help met die opsporing van die ma en die kind,” het Louise gesê.

Sy het egter bygevoeg dat inligting dui dat nie die ma óf seun meer in die Paarl-omgewing is nie. Enigiemand met inligting om die ma en seun op te spoor word versoek om die Paarl-polisie by 021 807 4000 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.