Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ma’ wat kinders leer steel, is steeds op vrye voet

’n Vrou wat verlede jaar haar drie kinders tot misdadige optrede gedwing het, is steeds op vrye voet. Die voorval het mense landwyd geskok ná ’n video daarvan op sosiale media verskyn het.

Die vrou en haar kinders is in November verlede jaar by die Paarl Mall op beeldmateriaal vasgevang waar hulle ’n vrou se handsak op die grond steel terwyl die slagoffer rustig by Steers gesit het.

Die video wys duidelik hoe elke kind ’n beurt kry om die sak te probeer steel, maar op die nippertjie wegskram wanneer iemand verbyloop.

Toe die vrou, vermoedelik die kinders se ma, seker was dit is veilig, het een van haar dogtertjies die sak nader gesleep en aan haar ma oorhandig. Die gesin het verdwyn voordat iemand onraad vermoed het.

’n Diefstalklag is by Paarl-polisie aanhangig gemaak.

Kapt. Louise du Plessis het bevestig dat die saak steeds ondersoek word. Sy vra egter dat die publiek met inligting oor die vrou navore moet kom en die polisiekantoor by 021 807 4000 bel.. Kort ná dié video het nog ’n video van dieselfde vrou en ’n kind die ronde gedoen. Hierdie keer was dit ’n video wat vermoedelik in Wellington, ook by ’n winkelsentrum, geneem is. Die tweede video wys hoe die vrou die meisie gebruik om ’n ander vrou se beursie uit haar handsak te steel.. ’n Derde voorval is ook verfilm waar die vrou, ’n tienermeisie en twee vroue in ’n slaghuis in Malmesbury ronddwaal en maak asof hulle inkopies doen. ’n Kantoordeur het oopgestaan en toe een van die vroue besef niemand is binne nie, is die meisie ingestuur wat spoedig met ’n banksak uitgekom het. Sy het dit aan een van die ander vroue gegee wat dit versteek het en die klompie het pad gevat voordat iemand onraad vermoed het.

Dié saak is ook by die Malmesbury-polisie aangemeld.

A woman who sent shock waves through social media countrywide in 2018, allegedly through forcing her three children into crime, is still at large.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.