Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maak die vere hiér die voël?

Die tonge in die modebedryf is behoorlik aan die klets nadat foto’s onthul is van Paarl se eie Mej. SA, Tamaryn Green se rok van “gevleuelde vere”.

Dié rok wat só in die kollig is, is een van die kostuums wat Tamaryn volgende maand sal dra wanneer sy aan die Mej. Heelal-kompetisie in Bangkok gaan deelneem.

Die nasionale uitrusting waarin sy op die verhoog van een van die wêreld se grootste skoonheidskompetisies sal pronk, bring hulde aan die bloukraan­voël.

Die kostuum, met meer as 1 000 swart-en-grys vere en kristalle is deur Malikah Hajee en Lloyd Kandlin van The Costume Department in Kaapstad geskep.

Bekende Suid-Afrikaanse mode-ontwerpers is nie baie beïndruk met die ontwerp wat die mooie Tamaryn moet dra nie.

Een van Suid-Afrika se topmode­ontwerpers en Paarliet, Jacques LaGrange, wat ook internasionaal bekend is vir sy skeppings wat deur talle roemrykes gedra word, sê dat die rok soos ’n “dated badly made-ysskaatskostuum lyk wat uit ’n kas gehaal en afgestof is”.

“Ek het nog nooit van die twee ontwerpers gehoor nie en ek is volgende jaar 20 jaar in die bedryf,” het LeGrange gesê.

Hy het al verskeie Mej. Suid-Afrika’s geklee soos Jo Ann Strauss (vir Pasella- televisie), Cindy Nell (vir Pasella- televisie en voorblad van die Belle-tydskrif), mej. Wêreld Rolene Strauss (vir Glamour-tydskrif) en die legendariese Mej. Heelal, Margaret Gardiner (vir Rooi Rose).

Verder sê LeGrange dat hy voel dat die mense agter die skerms by Mej. SA nie eintlik ’n aanvoeling het vir wat hulle doen nie en nie weet hoe om die beste uit die mooi vroue te bring deur middel van die noodsaaklike uitrustings nie.

“Ek dink hulle kon Tamaryn modern en elegant aantrek met tradisionele elemente wat ons as Suid-Afrikaners kon uitbeeld. Iets met kralewerk in ’n wonderlik plaaslike Afrika-print of batik (tekstiel-ontwerp). Something next level couture to show our rich culture. Ons het soveel elemente OM mee te spog.

“Tamaryn is beautiful en ek dink en glo sy het dit om weer ver te kom. Ek het haar al twee keer ontmoet en my geld is op haar, maar die kostuum mag dalk net haar kans in die wiele ry.”

LaGrange sê dat die uitrusting beslis nie van pas is op ’n modeverhoog nie.

“Bad attitude and lack of fashion education and research is a result of this bad costume. Om mooi mense te klee, is my job, ek weet hoe belangrik die regte uitrusting is vir die regte persoon en geleentheid. Ek weet eerlikwaar nie hoe hulle op die ontwerpers gekom het nie. Ons gaan ’n laughing stock oorsee wees,” het hy gesê.

LaGrange het in September in New York in ’n onderhoud met Jen Su van Peoples Magazine gesê dat Suid- Afrikaners se gehalte, as dit by mode kom, ver te kort kom.

“Hulle sal altyd agter in die ry sit as dit by modeontwerp kom. Ek druk egter altyd vir die beste duurste Europese materiale en beste tegnieke om my eerste te sit om vir mense oor die wêreld heen te wys waartoe ek in staat is en internasionale kliënte te lok om my produk en label te dra. Omtrent 80% van my kliënte is van Europa en ek werk hard daaraan om my Amerikaanse kliëntemark te groei.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.