Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maatskappy oorweeg glo om na Kaapstad te skuif

Die voedselvervaardiging-maatskappy, Heinz SA, oorweeg dit om hulle hoofkantoor in Januarie van die Paarl na die Kaap te verskuif.

Die hoofkantoor van Heinz SA in Berlynstraat is sedert 2000 in die Paarl gesetel en verskaf werk aan 70 mense waarvan 40 plaaslike werknemers is.

Volgens ’n betroubare bron het die maatskappy die verhuurders verlede maand oor die moontlike skuif in kennis gestel.

“Heinz SA het die verhuurders toestemming gegee om die perseel (waar hulle hoofkantoor tans is) aan ander besighede vir verhuring te begin adverteer,” het die bron vertel.

Morné Fourie, ’n woordvoerder van Heinz SA, het gesê dat ’n amptelike besluit oor die skuif eers oor vier weke geneem sal word.

Hy wou nie op navrae reageer oor waarom die maatskappy oorweeg om sy hoofkantoor te verskuif nie.

Plaaslike werknemers sal glo ná die skuif Kaap toe moet verhuis óf daagliks Kaap toe moet pendel, maar vir talle is dit nie ’n opsie nie.

Een werknemer het vertel dat sy haar werk sal moet bedank wanneer die maatskappy skuif omdat sy naby haar kinders wil wees wat in die Paarl skoolgaan.

Heinz SA behoort aan die voedselreus, Pioneer Foods, en een van hulle twee fabrieke is in Wellington gesetel. Die maatskappy het na bewering nie planne om die fabriek in die toekoms te skuif nie.

Die bestuur van die maatskappy sal 3 Oktober met die verhuurders vergader oor die moontlike besluit om die hoofkantoor te verskuif.

Die voorsitter van die Drakenstein-sakekamer, Dirk Breytenbach, het gesê dat elke werkgeleentheid wat verlore gaan in Drakenstein ’n groot verlies is.

“Ongelukkig is dit ’n teken van die ekonomiese klimaat waar al hoe meer maatskappy konsolideer.”

Hy het wel bygevoeg dat daar lig aan die einde van die tonnel is, met nuwe nywerheidsontwikkelings wat kom, soos ’n nuwe Distell-aanleg in Klapmuts, asook ’n reusehalaal-fabriek, glo die grootste in die land, wat in die pyplyn is vir die Paarl.

* Heinz SA is considering moving its head office from Paarl to Cape Town.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.