Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mag jy nou zol rol of nie?

Die gebruik van daggaprodukte word al meer deur die samelewing aanvaar en dagga-olie is vrylik beskikbaar. Maar wat is die produkte en hoe wettig is dit?

Verlede jaar was die daggagesprek behoorlik aan die gang toe die adjunkhoofregter, regter Raymond Zondo, op 18 September in die Konstitusionele Hof in Johannesburg aangekondig het dat vorige wetgewing rakende die kweek en gebruik van dagga vir ontspanningsdoeleindes ongrondwetlik was. Hy het die Suid-Afrikaanse parlement dieselfde dag opdrag gegee om dié wetgewing, wat die kweek en gebruik van dagga heeltemal verban het, binne 24 maande te wysig.

Die gebruik van dagga is weens Zondo se uitspraak nie meer ’n wetlike oortreding nie mits dit self gekweek en in ’n private ruimte gebruik word. Die koop en verkoop van sekere dagga-olies is egter wettig omdat verskillende spesies dagga daarvoor gewettig is.

Die spesie wat almal as gewone dagga ken, het twee oorhoofse verbindings genaamd tetrahydrocannabinol (THC) en cannabidiol (CBD). THC is wat gebruikers bedwelm en produkte wat dagga-olie in het, het meestal slegs CBD in, wat geen psigo-uitwerkings het nie. Dagga-olie wat THC bevat, is onwettig omdat dié spesie dagga in Suid-Afrika slegs gekweek en gebruik mag word, maar nie verkoop word nie.

Menige gebruikers beweer CBD-olie is ’n wonderkuur vir allerhande kwale en skete van ekseem tot “rustelose bene”. Die meeste CBD-olies is ook verwerk van daggaspesies wat nié THC bevat nie.

Die gesondheidsdepartement het Donderdag 23 Mei in die Staatskoerant aangekondig dat dit die regulasies van die CBD-komponent in die spesie wat THC bevat, sal verslap. Voor die aankondiging was dit as skedulesewemiddels, soos heroïne, geklassifiseer. Dié middels kan slegs deur die direkteur-generaal van gesondheid en onder spesifieke omstandighede toegedien word.

Die departement beoog nou om CBD ’n skeduleviermiddel te maak, wat deur ’n apteker en met ’n voorskrif van ’n dokter bekombaar is. Verder sal CBD-produkte heeltemal gedereguleer word mits die produk nie aandui dat dit enige siekte kan behandel of genees nie en die THC-vlak minder as 0,0001% is.• Last year cannabis use had been decriminalised in South Africa. This, however, is only when the plant is grown and used in private and not bought or sold. Many people are also unaware that THC and CBD make cannabis oil illegal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.