Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Magda kry ’n magdom doeke

Sy kyk nooit ’n gegewe perd in die bek nie.

Magda Meyer, die stigter van die Magda Sopkombuis-inisiatief, het Vrydag 29 Junie ’n skenking van doeke ter waarde van sowat R20 000 ontvang.

Boesemvriende Michael Nielsen en Jacques Albertyn, wat saam hul diensplig destyds voltooi het, het saamgewerk om dié skenking ’n werklikheid te maak.

Jacques het gesê hy het vir Magda ontmoet toe hy klankversorging vir ’n optrede gedoen het waar sy vetkoeke verkoop het.

In een van hul vele gesprekke het Magda genoem daar is ’n behoefte aan babadoeke in die arm gemeenskap wat sy bedien.

Hy het vir Michael, wat vir ’n maatskappy werk wat doeke verkoop, vertel van Magda se behoefte vir die kinders in haar gemeenskap.

“My maatskappy verkoop doeke aan al die groot kettingwinkels en doeke waar die verpakking byvoorbeeld beskadig is, het ons geskenk. Die pak lyk dalk beskadig, maar die doeke makeer niks nie,” het Michael gesê. Hy het ook bevestig dat hy graag gereeld die skenking wil maak.

Magda voorsien steeds elke dag kos en ander hulpbronne aan haar gemeenskap.

Sy het vertel hulle kon een oggend nie vetkoeke maak nie want hulle het nie genoeg meel gehad nie. Maar Magda het steeds sop, rys en verpakte kitskos wat sy as skenkings gekry het vir die gemeenskap voorgesit.

Sy sê hulle deel die doeke vir ma’s in die gemeenskap uit en hulle probeer vir elke ma vyf doeke gee.

Magda Sopkombuis maak staat op skenkings en borge van die Paarl-gemeenskap.

Vir skenkings, bel 071 328 5244.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.