Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man by vulstasie beroof

’n Man wat by ’n BP-vulstasie in Sonstraalweg gestop het om brandstof in te gooi, is Woensdag 25 September in die vroeë oggendure deur twee rowers aangeval.

Die man, wat volgens bronne ’n mediese dokter is, was omstreeks 03:30 na sy werksplek onderweg. Die hele voorval is op veiligheidskameras by die vulstasie opgeneem. Die man het sy voertuig tot by ’n petrolpomp getrek en uit sy voertuig geklim terwyl ’n joggie dit vol brandstof gemaak het.

Hy het agter die voertuig gestaan en gewag terwyl die petroljoggie na die gebou geloop het toe twee mans hom nader. Die een verdagte het hom van agter genader en dit lyk asof die verdagte ’n onbekende voorwerp uit die slagoffer se hand gegryp het. Die slagoffer het toe terugbaklei en die verdagtes het gevlug. Op die beeldmateriaal lyk dit of die slagoffer beserings aan sy linkerarm opgedoen het. Die tweede verdagte was meestal buite die beeld.

Volgens die Drakenstein-plaaswag se voorsitter, Daan van Leeuwen Boomkamp, is die slagoffer en die vulstasie lede van die plaaswag en kon ’n goeie beskrywing van die verdagtes onder ander lede versprei word. ’n Verdagte is toe deur ’n ander lid raakgesien en die plaaswag, polisie en veiligheidsbeamptes het die verdagte vasgetrek. Die slagoffer het die verdagte uitgeken.

Die Paarl-Oos-polisiekantoor ondersoek ’n roofsaak. ’n Man met die naam Marco David is die volgende dag in hegtenis geneem.• A man who stopped at the BP station in Sonstraal Road for petrol was attacked by two robbers in the early hours of Thursday 26 September. The man, who is believed to be a medical doctor, was on his way to his workplace around 03:30 when the incident occurred. Apparently he sustained injuries to his left hand.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.