Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man dood ná brand in Bosbou

’n Franschhoekse man is Vrydagaand (27 September) tragies dood toe sy opslaanhuisie om 22:15 aan die brand geslaan het.

Sers. Marize Mentoor, ’n polisiewoordvoerder, sê Samuel “Boeta” Galant (51) het by sy suster by Akkerhoutstraat in Bosbou gewoon. Hy het alleen in sy huisie op dieselfde erf gewoon.

Mentoor sê ’n kers van ’n soort het vermoedelik die brand veroorsaak. Hy het bygevoeg dat niemand noodkrete gehoor het nie.

“Samuel het tien teen een reeds geslaap en is waarskynlik weens rookinaseming dood,” sê sy.

Galant het blykbaar aan ’n vriend gesê dat hy vroeg moet slaap omdat hy die volgende dag 06:30 by sy werk in Maasdorp moes aanmeld. Hy was ’n houtkapper en kraggereedskap­operateur by sy werkgewer se houtmaatskappy.

Mentoor het bevestig die polisie vermoed geen misdaad nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.