Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man gee hom oor ná hy Moslemvrou glo aanval

’n Paarlse man het homself verlede week aan die Paarl-polisie oorgegee ná ’n beweerde Islamofobiese aanval op ’n jong Moslemvrou meer as ’n maand gelede op dié dorp.

Asheeqah Benjamin (28) het beweer dat ’n man op 7 September in Noorder-Paarl haar tradisionele sluier-kledingstukke afgeruk het.

Volgens Benjamin het die man haar fisiek en mondelings ook aangeval. Nadat hy haar niqab en hijab gegryp het, het die man glo gesê: “Jou Moslem-gemors, dit is warm.”

Terwyl sy haarself probeer verdedig het, het haar aanvaller haar ook met ’n waterbottel gegooi. Sy beweer ook dat hy gedreig het om haar met ’n mes te steek en met ’n klip gegooi het.

Ná die aanval is Benjamin inderhaas terug huis toe en nadat sy haar pa vertel het wat gebeur het, is hy na die toneel op soek na die man. In ’n Facebook-inskrywing het Benjamin gesê die verdagte het haar pa toe met ’n klip gegooi en hy is met ’n vuurwapen gedreig.

Benjamin het ’n saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak en ’n verdere saak van crimen injuria is deur die polisie bygevoeg, maar die verdagte het verdwyn en kon nie deur die polisie opgespoor word nie.

Paarl-polisie se woordvoerder, kapt. Louise du Plessis, het gesê ’n lasbrief vir die verdagte se inhegtenisname is uitgereik.

Jaco Stander het hom in die teenwoordigheid van sy prokureur by die Paarl-polisiekantoor oorgegee waarna hy in hegtenis geneem is.

Hy het gister vlugtig in die Paarlse landdroshof verskyn en die saak is uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.