SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Man oorleef, maar perd nie so gelukkig

’n Man van Saron het Donderdag 27 September ’n baie noue ontkoming met sy perdekar gehad. Sy perd was egter nie so gelukkig nie.

Die man en sy perdekar het in die Voëlvleikanaal beland nadat hulle dit probeer oorsteek het. Die man kon daarin slaag om na droë grond te swem, maar sy viervoetige vervoer was nie so gelukkig nie. Die perd en ligte perdekar is deur die sterk stroom in die kanaal meegesleur en het verdwyn.

Dae later het twee werknemers van Voëlvleidam wat die kanaal gepatrolleer het op die dooie perd afgekom wat in fyn sifdraad in die kanaal vasgespoel het. Die dooie perd het waarskynlik versuip.

Johannes Kaptein en Jonathan Davids het hierna baie lank gesukkel om die dooie perd uit die sterk kanaal te kry. Daar is uiteindelik ’n tou aan sy pote vasgemaak en hy is met ’n Toyota-bakkie uit die kanaal gesleep.

Volgens Davids kry hulle ook gereeld honde en beeste wat in die kanaal val en verdrink, selfs soms mense ook.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.