Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man se dood ’n raaisel vir familie

Ulric Juries (30) se familie is steeds op soek na antwoorde ná sy raaiselagtige dood.

Juries se lyk is Sondag 20 September in die Bergrivier gevind nadat hy sedert 2 September vermis is.

Daar word beweer dat Juries en sy neef vir sekerheidsbeamptes gevlug het nadat hulle vermoedelik by ’n kettingwinkel in die middedorp gesteel het.

Die neef het na bewering kort daarna moed opgegee en die sekerheids­beamptes het hom aangekeer.

Hy het vir ’n familielid vertel dat die sekerheidsbeamptes hom teruggeneem het winkel toe en het beweer dat hy aangerand is. Hy beweer ook dat twee ander sekerheidsbeamptes vir Juries agternagesit het en dat hy in die rigting van die Boy Louw-terrein gehardloop het.

Dit bly egter nog ’n raaisel of die sekerheidsbeamptes Juries aangekeer het, want hy het toe nooit weer by die huis opgedaag nie.

Die familie het bekommerd begin raak en is Maandag 6 September na die betrokke winkel. Daar is aan hulle gesê dat Juries blykbaar nooit gevang is nie. Die familie het hom op Dinsdag 8 September as vermis aangemeld nadat hulle hom nie by Paarl-Oos-polisiekantoor, Paarl-hospitaal of die lykshuis kon opspoor nie.

Volgens Rowatney Juries, die oorledene se broer, het ’n kanovaarder Saterdag ’n lyk in die Bergrivier raakgesien en die polisie ontbied.

Die polisie het ’n soektog van stapel gestuur, maar kon eers die lyk vroeg die volgende oggend in die Bergrivier naby Nieuwedrift opspoor.

“Sy gesig was so geskend dat niemand hom kon uitken nie. Maar vanweë ons beskrywing van die tatoeëermerk op sy arm het ons geweet dis my broer wat oorlede is.”

Rowatney sê die ondersoekbeamptes het aan hulle gesê hulle kan nie eintlik vasstel waaraan hy dood is nie, want die water het soveel skade aan sy liggaam gedoen. “Hulle het wel glo kneusplekke aan sy kop en hale op sy bors gevind.”

Paarl Post het navrae aan Paarl- en Mbekweni-polisie gerig, maar het teen druktyd nog nie terugvoer gekry nie.

Die betrokke kettingwinkel se mediagroep is ook gekontak vir terugvoer.

Hulle het op Paarl Post se navraag die ernstigheid van die aantygings beklemtoon en vir meer spesifieke besonderhede gevra rakende die beweerde voorval vir hul span om ondersoek in te stel. Paarl Post het wel die besonderhede verskaf, maar het teen druktyd nie terugvoer ontvang nie. . Ulric Juries’ (30) family is still searching for answers after his mysterious death. Juries’ body was found in the Berg River on Sunday, 20 September, after he went missing on 2 September. Juries and his cousin are alleged to have fled from security officials after allegedly stealing from a chain store in Paarl.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.