Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man sterf toe trein hom tref

’n Man (49) het Dinsdag vroegoggend (16 April) voor ’n bewegende trein ingeloop.

Volgens kapt. Louise du Plessis, Paarl-polisie se woordvoerder, het die man omstreeks 07:05 op die spore in die rigting van ’n aankomende trein geloop. Die trein was na die Hugenote-stasie onderweg en die man is net voor die stasie getref.

“Die masjinis het die slagoffer gewaarsku en die toeter geblaas, maar hy het nie gereageer nie,” het Du Plessis gesê.

Sy verduidelik die trein kon nie betyds stop om ’n botsing te voorkom nie. Die man is op die toneel dood verklaar en ’n saak van strafbare manslag word ondersoek.

• A 49-year-old man walked to his death on the railway tracks near the Huguenot Railway Station on 16 April at 07:05. The train’s driver warned him, but he did not respond and was subsequently hit by the train. He was declared dead on the scene.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.