Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man vermoor, vrou verkrag in Klapmuts

’n Man (49) is onlangs wreedaardig deur nege mans vermoor.

Andrew Boesak was die nag van 23 Augustus op pad om ’n vrou uit die kloue van haar verkragters te red toe hy deur dié mans vermoor is.

Volgens ’n raadslid, Lucinda Horsband, het die 28-jarige vrou omstreeks 02:00 van ’n sjebeen in Klapmuts af huis toe geloop toe die voorval gebeur het. Sy het agter om Klapmuts Primêr gestap toe nege mans haar bestorm en haar glo verkrag het. Sy het om hulp geskree, waarna Boesak haar te hulp gesnel het, maar hy is aan­geval en vermoor.

Die polisie het tot dusver nog net een verdagte in hegtenis geneem. Enigiemand met meer inligting kan die Klapmuts-polisiekantoor by 021 875 8000 skakel.

Die liggaam van Lillian Bruintjies (60), ’n inwoner van Lanquedoc naby Pniël, is Dinsdagmiddag (3 September) ná ’n intensiewe soektog van bykans 24 uur gevind. Bruintjies het Maandag van haar huis in Bergsigstraat gaan stap en nooit teruggekom nie. Haar verdwyning is by die polisie aangemeld.

’n Groep seuns wat na Lillian help soek het, het Dinsdag (3 September) op haar liggaam in ’n bos agter Lanquedoc se rugbyveld afgekom. Die polisie vermoed egter geen misdaad nie.

Enigiemand met verdere inligting kan die ondersoekbeampte, sersant Fabian van Riet van die Groot Drakenstein-polisiekantoor by 021 874 8000 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.