Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Matrieks kry tweede kans om dié uitslae te verbeter

Die Universiteit Stellenbosch (US) nooi studente uit onderwys benadeelde omstandighede, wat graag hul NNS-punte in wiskunde, fisiese wetenskappe of rekeningkunde wil verbeter, om aansoek te doen om toelating tot die jaar lange SciMathUS-program wat deur die sentrum vir pedagogie (Suncep) aangebied word.

“Baie studente wat matriek geskryf het en nie goeie punte behaal het nie, is geneig om te dink dit is die einde van hul akademiese pad, maar SciMathUS bied aan 100 studente, wat op grond van ’n deeglike aansoekproses gekies word om dié ten volle geborgde program te deurloop, ’n tweede kans om vir hoër onderwys te kwalifiseer,” verduidelik Nokwanda Siyengo, programbestuurder van SciMathUS.

Studente kan kies tussen die wetenskap-baan (wiskunde en fisiese wetenskappe) of die rekeningkunde-baan (wiskunde en rekeningkunde).

Die program word in Afrikaans en Engels aangebied en studente draf elke weeksdag klas. SciMathUS-studente woon en studeer op die Stellenbosch-kampus waar hulle deel van die dinamiese studentegemeenskap word.

Akademiese sukses

“Scimathus vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar. Ons is baie trots op die vordering wat gemaak is en die geleenthede wat aan studente gebied is – nie net om toegang tot die universiteit te verkry nie, maar toegang tot sukses,” sê Siyengo. “Bewys van voormalige studente se sukses is die menige studente wat sedert 2001 gegradueer het. Altesaam 46 voormalige SciMathUS-studente het by die Desember 2019-gradeplegtigheid gegradueer met die hoogtepunt twee studente wat as mediese dokters gekwalifiseer het.”

Studente wat die program in 2019 gevolg het, het weer goeie resultate behaal en die geleentheid gekry om aansoek by universiteite in Suid-Afrika te doen.

Na afloop van die program sit die studente weer vir die NNS-eksamen, met die 2019-kohort wat ’n gemiddelde van 68,9% vir wiskunde behaal het, 76,9% vir fisiese wetenskappe en 69,7% vir rekeningkunde.

“Die SciMathUs-jaar gaan nie net oor toegang tot hoër onderwys nie,” voeg Siyengo by. “Dit gaan daaroor om studente te help om die verskillende metodes van leer en onderrig te verstaan. Ons skep vaardighede wat studente kan help om lewenslange leer en sukses te behaal.”

Om vir die program oorweeg te word, moes studente die volgende punte behaal het:• Moes graad 12 in 2018 of 2019 geslaag het.• Moes ’n gemiddelde van 60% behaal het (lewensoriëntering uitgesluit).• Moes ’n minimum van 45% in fisiese wetenskappe behaal het.• Moes ’n minimum van 45% in rekeningkunde behaal het. • Moet minstens vier van die groepvakke wat normaalweg toegang tot universiteite gee, geslaag het, en• Moes minstens 50% in Engels of Afrikaans behaal het.

Aansoeke sluit more (Vrydag 24 Januarie) en voornemende studente kan aanlyn aansoek doen by www.suncep.sun.ac.za/upp/scimathus of ’n gedrukte kopie by tel 021 808 3032 vra.. Onderhoude: Kontak Nokwanda Siyengo by 021 808 2356 of per e-pos by noksiy@sun.ac.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.