Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mediclinic open nuwe pediatriese eenheid

Mediclinic Paarl het Dinsdag 27 November sy nuwe pediatriese eenheid geopen.

Die bouprojek, wat in Mei 2017 by die Mediclinic Paarl begin het, vorder goed en is volgens die bouskedule reeds meer as 50% voltooi.

Dokters en personeel van die nuwe, ruimer pediatriese eenheid sien daarna uit om pasiënte en ouers in hierdie kindervriendelike saal te ontvang waar ook voorsiening vir beter oorslaapgeriewe vir ouers gemaak word.

’n Nuwe teaterkompleks met vyf moderne teaters en ’n kamer vir endoskopiese ondersoeke is vroeër die jaar voltooi en word reeds sedert Februarie 2018 gebruik.

Die nuwe chirurgiese saal, wat twee vloere behels, sal volgens plan einde November vir finale inspeksie oorhandig word en die beplanning is dat die sale reeds in Desember in gebruik sal wees.

Die uitleg is ruim en maak voorsiening vir semi-private, tweebed-, enkelbed- en private kamers in die plek van die huidige vierbedkamers met ’n uitsig op ’n binnehof.

Behalwe die aanbouings en 14 bykomende beddens wat bygevoeg word, kry die hospitaal die spreekwoordelike nuwe baadjie en word alles ingevolge die Mediclinic-groep se moderne standaard opgegradeer.

“Ons is baie opgewonde oor die opgradering en uitbreiding van die hospitaal,” het Jeanine Visser, die hospitaal-hoofbestuurder, gesê.

“Ons glo dat ons met die nuwe voltooide fasiliteit ’n beter ervaring en diens aan ons gemeenskap sal kan voorsien.”

. Enige vrae of behoefte aan inligting kan gerig word aan Jacorie Visagie, die pasiëntervaringbestuurder, by jacorie.visagie@mediclinic

.co.za of pxmPaarl@mediclinic.co.za.

* Mediclinic Paarl opened it’s brand new paedeatric wing on Tuesday 27 November.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.