Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meisies was uitblinkers en staatmakers

– Volg van bladsy 1.

Lochner het aan Paarl Post gesê Jade was ’n uitblinker en staatmaker by La Rochelle.

Sy was lid van die skoolkoor se onlangse produksie van The Greatest Showman en Lochner het haar beskryf as ’n “pragtige, positiewe kind”.

“Sy was betrokke by verskeie ander buitemuurse aktiwiteite by La Rochelle en is onlangs as een van die gr. 11-VRL-lede gekies.”

Onder haar klasmaats is sy beskryf as ’n vreugdevolle, vriendelike en ’n altyd glimlaggende jong meisie.

Jade word oorleef deur haar ma, Carmen, en ’n jonger broer.

’n Familielid van Jade het gesê sy het altyd baie respek getoon en was ’n jong meisie op wie hulle trots was.

“Ek kan nie onthou dat ek Jade al ooit kwaad gesien het of haar gesien huil het nie. Sy het altyd daardie spesiale glimlag op haar gesig gehad.

“Sy het ook baie goed gevaar op skool en sou volgende jaar oorsee gaan. Sy wou ’n fotografie-onderneming begin om geld te spaar daarvoor.”

Zara is as ’n akademiese uitblinker by La Rochelle beskryf.

Gideon Malherbe, haar oom en woordvoerder vir haar familie, het gesê Zara was ’n baie liefdevolle kind, lief vir diere en lief vir die buitelewe. “Die gebeure wat tot haar dood gelei het, was heeltemal onverwags,” het hy gesê.

Zara word oorleef deur haar ouers, Stephan en Heidi, en suster, Mila.

Leerders kan die Safe Schools Hotline (0800 45 46 47) vir enige hulp bel.. The entire community of the Drakenstein Valley has been plunged into mourning after the tragic deaths of two “sun-shine” learners.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.