Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Meld alle voorvalle dadelik by polisie aan’

Hopefield – Gerugte en stories steek gereeld kop uit, maar die polisie maan inwoners om voorvalle aan te meld sodat sake deeglik ondersoek kan word.

Weslander is onlangs gekontak deur ’n bekommerde Weskusser wat beweer hulle het gesien hoe ’n vrou met ’n skokstok aangerand is.

Die voorval het glo in Augustus voor verskeie mense gebeur, maar by navraag het kapt. Tania Helfrich, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, gesê geen klagte is amptelik aangemeld nie.

“Dit sal aanranding wees, maar niks is só geregistreer nie. Indien niemand ’n klagte aanmeld nie, kan die polisie nie optree nie. Ons het ’n verklaring nodig waarmee ons [’n ondersoek] kan begin,” verduidelik sy.

Volgens die bekommerde inwoner het die vrou besope gelyk en was sy moeilik met die winkelassistent toe sy gevra is om die winkel te verlaat.

Dié vrou was glo oproerig en wou nie loop nie toe die winkel se eienaar nadergekom en haar moet ’n skokstok te lyf gegaan het.

Die polisie is glo ontbied en het die vrou huis toe gehelp, verduidelik die ooggetuie.

Helfrich maan inwoners weens die erns van die saak aan om ten minste verklarings oor voorvalle by die polisie af te lê sodat wetstoepassers kan help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.