Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Melkery-fabriekwinkel beroof

Malan’s Dairy se gewilde fabriekwinkel in die Paarl is Saterdagoggend omstreeks 08:15 van ongeveer R40 000 in ’n gewapende voorval beroof.

Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, sê vyf gewapende mans met gesigmaskers het die perseel in Bella Vista, digby Markstraat naby die Parys-sportterrein, binnegekom.

Een van die verdagtes het toegang tot die kantoor verkry waar die bestuurder met kontant besig was.

Die verdagte het die geldsakke gegryp en daarna in ’n wit Toyota Verso van die toneel gevlug.

Paarl Post verneem die bestuurder het eers nie besef ’n onbekende man is in haar kantoor nie. Sy het eenvoudig aangeneem die gemaskerde man is een van die personeel wat ’n grap maak.

Volgens ’n inskrywing op Malan’s Dairy se Facebook-blad is geen van hul personeellede in die rooftog beseer nie.

Die personeel aan diens het Maandag (7 September) vir sielkundige behandeling gegaan.

Teen druktyd is nog geen van die verdagtes in hegtenis geneem nie en die ondersoek na die rooftog duur voort.

Enigiemand met inligting word versoek om die Paarl-polisie by 021 807 4007/8 te skakel. . Donderdagoggend het ’n skoot in Wellington in die middedorp geklap – vermoedelik in ’n poging tot gewapende roof.

Volgens die polisie het ’n motor omstreeks 10:45 naby Absa-bank stilgehou. Een van die insittendes het eers uitgeklim om vas te stel hoe lank die wagperiode is voordat hy die bank kon binnegaan om geld te bank. Die man besit glo ’n Spaza-winkel in Mbekweni.

Terwyl die man nog buite die motor gestaan het, is ’n skoot uit ’n bakkie op hom geskiet, waarna die spaza-eienaar in die rigting van die Wellington-polisiekantoor weggejaag het. Die bakkie is agter hom aan, maar het kort voor die polisiekantoor weggejaag.

Niemand is beseer nie en niks is gesteel nie. Die polisie ondersoek wel ’n klag van poging tot moord.. On Saturday the Malan’s Dairy factory shop in the Paarl area was robbed at gunpoint of approximately R40 000 in cash. The robbery was around 08:15.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.