Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meneer Asterix is nou mejuffrou

Asterix moet dalk nou ’n ander naam kry.

Dít kom nadat dié boepensvarkie ’n geslagsverandering moes ondergaan omdat hy drie blaasstene gehad het. Die veearts, dr. Christiaan Triegaardt verduidelik hoe hy ’n vyf maande oue varkbeer na ’n sog moes verander.

Volgens Triegaardt moes hy weens die skade aan die uretra vir die diertjie ’n alternatiewe “gaatjie” onder sy anus maak. Triegaardt sê hy het steeds beheer oor sy blaas danksy ’n sfinkter (’n spier wat ’n opening afsluit) aan die uitgangpunt van die blaas.

Asterix moes twee operasies op 27 November en 1 Desember ondergaan. Die operasie word blykbaar op katte uitgevoer en Triegaardt bieg dit is die eerste keer dat hy dié operasie gedoen het, maar dat dit ’n reusesukses was.

Die varkie weeg 10 kg en is omtrent so groot soos ’n foksterriër. Die varkie se eienaars, Geoffrey en Madeleen Vlok, het hom na die Paarl Dierehospitaal geneem omdat hulle agtergekom het hy urineer nie. Triegaardt het toe ’n ultraklank en X-straal geneem en die steentjies gesien. Hy het vertel arme Asterix het baie pyn verduur en het by die dood omgedraai.

Blaas- en uretra-stene is volgens hom baie skaars by miniatuurvarkies, maar hy sê dit gebeur soms as gevolg van blaasinfeksies of wanneer die dier se dieet foutief is.

“Mense is lief daarvoor om vir hul varkies hondekos te voer, wat verstaanbaar is, want hulle eet dit maklik, maar hulle moet eerder kommersiële varkkos eet. Hondekos het nie die regte balans van minerale vir miniatuurvarkies nie,” vertel hy.

“In Asterix se geval het hy ’n algemene haas pil ransoen geëet wat oor die algemeen nie probleme sal veroorsaak nie, maar in sy geval moes hulle hom oorskuif na ’n vark spesifieke ransoen,” vertel hy.

Asterix was tien dae in die hospitaal sodat Triegaardt sy blaas kon ledig en vir infeksie monitor. “Daar was mineraalstof, soos sand, in sy blaas, so ek moes dit chirurgies uitspoel en daarna met die hulp van ’n kateter elke dag spoel,” het hy verduidelik.

Die Vlok-egpaar sê Asterix sterk goed by die huis aan. Hulle sê Triegaardt en sy pa, dr. Dirk ‘Doempies’ Triegaardt, het uit hul pad gegaan om hulle by te staan. “Dit was die eerste keer dat hy so ’n operasie doen en hy was briljant,” het hy gesê. . A 5-month-old pot-bellied pig had to undergo gender reassignment surgery due to bladder stones. Asterix underwent two operations and spent 10 days in hospital. His owners, Geoffrey and Madeleen Vlok, said he is doing great as a sow.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.