Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mense besef nie wat ‘afsondering’ behels

PAARL – Wanneer ’n mens aan die koronavirus dink, bring dit allerhande bekommernisse by jou op, hetsy oor jou eie gesondheid of die gesondheid van jou familielede om jou.

Saam met die virus kom vrae oor kwarantyn en afsondering, en die idee om in dié onsekere tyd weg van jou familie te wees, bring net nog meer vrees en vrae.

Die departement van gesondheid het dit egter goedgedink om kwarantyn- en afsonderingsgeriewe te skep, maar groot onsekerheid heers steeds oor die onbekende plek waar mense moet gaan bly.

Die kwarantyn- en afsonderingsgeriewe is ingerig vir mense wat nie veilig by hul huis in afsondering kan wees nie sodat mense hul geliefdes kan beskerm deur na een van die plekke in die Kaapse Wynland te gaan.

Een van die 72 mense wat hul afsonderingstyd-perk by een van die plekke voltooi het, is die 19-jarige Hyldigard Fritz van die Paarl.

“Mense besef nie as jy by die huis in afsondering is, jy die hele tyd in een vertrek moet bly nie. Ek kon darem by die afsonderingsoord rondbeweeg en basies doen wat ek gedoen het toe ek (gesond) tuis was,” sê sy.

Toe Hyldigard aangesteek het, het dit wat sy vooraf in die media oor Covid-19 gelees het, baie vrees by haar opgewek. Dit was moeilik om met daardie gedagtes te spook terwyl sy in afsondering was, maar sy is dankbaar vir almal se ondersteuning terwyl sy herstel het. “By die huis kan jy nooit 100% seker wees dat jy veilig ‘isolate’ nie,” meen Hyldigard.

“Vertrou die proses. Vertrou die dokters en verpleegsters en volg hul raad,” sê Hyldigard.

Volgens Sandra Maritz, ’n woordvoerder van die gesondheidsdepartement in die Kaapse Wynland, moet jy afsondering by ’n kwarantyn- of afsonderingsoord oorweeg veral as iemand in jou huishouding ouer as 55 is of iemand diabetes of ’n ander onderliggende siektetoestand het. “Ouer mense en mense met kroniese toestande kan baie siek word as hulle Covid-19 kry,” waarsku Maritz.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.