Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mense om bos gelei

Die veelbesproke afsny van die Courtrai-dennebos is verlede Vrydag onmiddellik gestaak.

Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmonument en -museum (ATM), het Vrydagmiddag inwoners van Courtrai te woord gestaan en onderneem dat nie een enkele boom weer sal val sonder heroorweging asook ’n volledige impak- en rehabilitasiestudie nie.

Hierdie besluit kom nadat die ATM onder druk van die munisipaliteit gekom het om die bos te verwyder. Die oorhoofse rede hiervoor is omdat die bos glo uit uitheemse bome bestaan en omdat dit volgens die Paarlberg-adviesraad ’n brandgevaar inhou.

Inwoners is egter van mening dat daar ’n versteekte agenda vir die uitkap van die bos is en meen dit word eerder gedoen vir ontwikkelings­doeleindes van ’n nabygeleë gebied.

Daar het behoorlik ’n herrie uitgebars nadat ’n kontrakteur sowat drie weke gelede die bos binnegeval het en sonder waarskuwing baie ou dennebome, wat deel van Courtrai se estetiese prag is, afgesaag het. Daar is nou ’n tydelike verbod op die afsaag van dié bome geplaas. Jonas het gesê dit spyt hom dat die gemeenskap voel hulle is hierdeur tenagekom en dat die proses nie verloop het soos wat dit moes nie.

“Die proses word onmiddellik gestaak. Daar sal nie ’n enkele boom weer val totdat daar met die gemeenskap gekonsulteer is nie en met ’n rehabilitasieplan vorendag gekom is nie.”

Hy het herken dat daar foute met die uitvoeringsproses begaan is en dat die ATM dit nou wil regstel.

Inwoners vra steeds die volgende vrae: Waar is die impakstudie wat gedoen moes word oor bv. erosie en stof-balans? Is die historiese belang van die bos nagevors? Wat is die rehabilitasieplan? Wat is die opregte doel met die verwydering van die bos en vir wie hinder die bos nou eintlik?

Ernest Saayman van die parke-afdeling van die munisipaliteit, wat die vergadering bygewoon het, het ook in die spervuur van Courtrai- inwoners gekom en daar is aan hom gevra waarom die permit van die munisipaliteit in die eerste plek uitgereik is, asook so spoedig.

Volgens die munisipaliteit is die regte prosedures met die uitreiking van die permit gevolg. Die munisipaliteit sê ook dat die uitreiking van die permit versnel is omdat dit aan die begin van die brandseisoen is en dat die ATM ’n brandgevaarrisiko-bepaling in dié gebied gedoen het wat getoon het dat indringerplante verwyder moes word.

Hulle het bygevoeg dat daar geen verband bestaan tussen die uitreiking van die permit en ’n aangrensende plaas se aansoek vir die bou van wooneenhede nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.