Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Messtekery in gevangenis het almal op hol

’n Oproer by die Allandale-gevangenis in Paarl-Oos het verlede Woensdagaand (15 Januarie) almal op hol gehad ná ’n messtekery op die perseel.

Paarl-inwoners wat bang was dat die gevangenes dalk ontsnap het, het hulle tot die sosiale media gewend om hul kommer te deel.

Dié gerugte is vinnig kortgeknip toe die ware jakob vertel het dat daar ’n geval van beweerde bendegeweld in die gevangenis was. Mosele Sehloho, ’n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het bevestig die geweld was weens ’n stryery tussen gevangenes. Die betrokke partye is meestal ongedeerd en die gevangenes het ligte steekwonde opgedoen met ’n wapen wat vermoedelik ingesmokkel is.

“Dié voorval word ondersoek en die bevindings sal bepaal watter stappe deur die departement gedoen moet word,” sê Sehloho. “Intussen is veiligheidstelsels by die gevangenis opgeskerp.” Die streekkommissaris van die Wes-Kaap, Delekile Klaas, het beklemtoon dat lede van die publiek en beamptes nie artikels vir gevangenes moet insmokkel nie en dat oortreders vervolg sal word. • A knife fight broke out in the Allandale Correctional Services on Wednesday 15 January. The cause is suspected to be gang clashes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.