Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Minnaar-tweeling vang saam graad

Die Wellingtonse tweelingsusters Tori-Sue en Tammy Minnaar het verlede week saam hul B Rekeningkunde-grade op die Universiteit Stellenbosch (US) se Desember-gradeplegtigheid ontvang.

Die tweeling het in 2015 aan die Hugenote Hoërskool gematrikuleer.

Volgens Tammy wou Tori-Sue nie aanvanklik ’n finansiële kursus volg nie, maar nadat sy deur ’n hoërskoolonderwyser hiervan oortuig is, het sy van besluit verander.

“Ek het in hierdie studierigting begin belangstel nadat ek ’n Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) -kamp vir wiskunde- en rekeningkundestudente in my matriekjaar in Kaapstad bygewoon het.

“Mense van al die groot rekeningkundige maatskappye was by die kamp en ’n vrou van een van die maatskappye het my oortuig om ’n geöktrooieerde rekenmeester te word,” vertel Tori-Sue.

Die Minnaar-tweeling sê dit was ’n baie spesiale ervaring om saam te studeer en uiteindelik saam te gradueer, veral omdat hulle nog altyd alles saam gedoen het.

“Dit sal abnormaal voel as ons nie saam gradueer nie, so ek sou sê dit was opwindend dat ons albei in hierdie dag kan deel, aangesien ons die meeste van ons hoogtepunte tot dusver saam beleef het,” sê Tori-Sue. Die twee susters gaan hul nagraadse studie aanstaande jaar by die US voortsit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.