Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Misdaad só hokgeslaan

Met die feestyd om die draai blyk dit dat misdaad ook hoogty vier – hetsy dit OTM-bedrog, diefstal uit motorvoertuie of mense is wat helder oordag beroof word.

Drakenstein-munisipaliteit sê egter sy wetstoepassingsbeamptes sal aan diens wees om misdaad ten alle tye te help bekamp.

“Ons wetstoepassers sal hierdie seisoen sigbaar op fietse en voetpatrollies wees. Hulle sal bygestaan word deur 54 bykomende vredesbeamptes wat deur die hele Drakenstein-munisipale gebied ontplooi sal word,” het Gerald Esau, uitvoerende direkteur: gemeenskapsdienste, Drakenstein-munisipaliteit, gesê.

Alle wetstoepassingsbeamptes van die munisipaliteit is verantwoordelik vir die handhawing van orde deur middel van die toepassing van die munisipale verordeninge.

“Die inwoners van Drakenstein en breë publiek het ook ’n verantwoorde­lik­­heid om dié regulasies na te kom, en om oortredings aan te meld wat in hul onmiddellike omgewing begaan word,” het Esau gesê.

Wetstoepassingsbeamptes skryf boetes uit aan mense wat munisipale regulasies oortree en hierdie boetes is betaalbaar by die Wellington-verkeersentrum, Dal Josafat-verkeersentrum en by die verkeerskantoor in die Bergrivier Boulevard, Paarl.

Volgens Esau bevestig die plaaslike landdros die billike toepassing en oplegging van boetes.

“Indien boetes nie betaal word nie, word die saak na die landdroshof verwys vir verdere hantering.”

Met die onwettige swemmery in die Bergrivier wat ook weer kop uitsteek, het Esau gesê die munisipaliteit voer gereeld patrollies uit in die gebied van Bergrivier Boulevard om te verseker dat hierdie regulasie nagekom word.

Hy sê waar nodige word swaar boetes opgelê.

Met die opening van die munisipale hof in die nabye toekoms sê Esau reg en orde sal streng toegepas word en oortreders sal hulle binnekort in die hof bevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.