Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moenie bobbejaan agter bult gaan haal nie

Vir sowat ses weke al wandel ’n eensame bobbejaan deur die strate van Franschhoek.

Kurt Maske, ’n bekommerde inwoner, sê gemeenskapslede het die afgelope paar weke gereeld dié dier se doen en late aangemeld.

Pogings om die bobbejaan te vang en in sy natuurlike habitat vry te laat, was egter nie suksesvol nie.

Volgens Kurt het die bobbejaan nog niemand aangeval of skade by eien­dom­me aangerig nie, maar hy wil dít graag verhoed. “Die gemeenskap en inwoners laat ons gereeld met ’n WhatsApp-bood­skap weet waar hulle die bobbejaan gesien het, maar hy verdwyn elke keer vóór ons hom kan kry,” het hy gesê.

Die bobbejaan is vermoedelik uit sy trop in die berge om Franschhoek ge­skop en is nou op pad na groener wei­vel­de.

“Baie mense het wingerde of vrugte­bome in hul erwe, dus is dit maklike toegang tot kos,” het Kurt gesê.

Tinie van der Westhuizen, ’n natuur­bewaarder vir Cape Nature, meen die bobbejaan is waarskynlik ’n jong mannetjie. “Hy moet sy pad tot ’n nuwe trop vind en dit neem gewoonlik ’n rukkie,” sê Van der Westhuizen.

Hy voer aan om die dier te vang en weer vry te laat, is nie die beste opsie nie omdat dit die bobbejaan se natuurlike proses sal versteur.

“Die bobbejaan sal dan ook in gevaar wees, want om hom in ’n ander omge­wing te dwing, kan hy op ’n trop afkom wat hom sal verskeur,” het Tinie gesê.

Tinie het ook vertel as die bobbejaan geskuif word, sal dit net ’n ander dorp se probleem word.

Volgens Tinie moet inwoners hul vullis bestuur sodat die dier nie daarin kan krap nie.

“Die inwoners moet ook nie die bobbejaan voer nie,” het hy gesê. Hy sê die bobbejaan sal uiteindelik sy pad na sy nuwe bobbejaan-familie vind.

. A stray baboon has been wandering the streets of Franschhoek. The town must wait it out, as moving the baboon would likely cause more harm than good.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.