Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moord op bejaarde skok gemeenskap

Die moord op die 78-jarige Antoinette Maritz (née Breytenbach) het inwoners van die Paarl Donderdag 27 September die harnas in gejaag.

Maritz is in haar huis in Weststraat deur ’n inbreker oorval wat vermoedelik deur die kombuisdeur ingekom het.

Volgens kol. Gerhard Braaf, die waarnemende stasiebevelvoerder van die Paarl-polisiekantoor, het die deur met die polisie se aankoms op die toneel oopgestaan. Daarna het hulle haar in die gang van die huis waar sy op haar maag gelê het gevind.

Dit is nog onbekend hoe die bejaarde vrou vermoor is.

“Ons wag op die nadoodse ondersoek om die oorsaak van haar dood te bepaal,” het Braaf gesê.

Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, sê die toneel lyk na ’n huisbraak wat gewelddadig geraak het. Paarl Post het Donderdag kort ná die moord berig dat talle waardevolle artikels vermis word, maar dit het intussen aan die lig gekom dat die vermeende moordenaar met leë hande gevlug het.

“Die oorledene se selfoon wat moontlik gesteel is, is buite die toneel deur die polisie teruggevind,” het sy gesê.

’n Vriendin van Maritz met wie Paarl Postgepraat het op voorwaarde dat haar naam weerhou word, het gesê Antoinette was ’n “lieflike” mens.

“Sy was die soort mens wat toebroodjies gemaak het vir mense wat vullis vir herwinning kom haal het.”

Maar Facebook-gebruikers het met skerp woorde na die sogenaamde “dromkrappers” verwys.

“Dit was weer ‘dromdag’ in Noorder-Paarl, en dan is daar baie voete in die strate. Ek wens daar was ’n manier om dit stop te sit,” skryf ’n gebruiker. Ander sê “die dromkrappery is ’n misdaad teen die omgewing en betreding van eiendom”.

Antoinette se vriendin het bygevoeg dat sy hartseer en kwaad is oor haar vriendin se moord: “Die man kon net gesê het sy moet iewers sit en sy sou dit gehoorsaam. Sy was daardie soort mens. Hy hoef haar nie dood te gemaak het nie.”

Sy het Antoinette as “geselserig en vriendelik” beskryf. Sy sê sy en haar oorlede man het baie jare by die Paarl-tennisklub gespeel en sê Maritz het een maal per week ’n Christelike selgroep by haar huis gehou.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar volgens die polisie volg hulle leidrade op.

. Paarl has been shocked by the murder of an elderly woman who was attacked in her house in Northern Paarl.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.