SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Motorbestuurder al raadop oor boetes

’n Wellingtonner sit met sy hande in sy hare sedert hy toegegooi word onder verkeersboetes.

Cassie Snyders (52) van Zwartfontein-plaas by Saron beweer dat ’n Toyota Land Cruiser se nommerplaat ooreenstem met dié van sy Ford Bantam-bakkie.

Sedert 2016 ontvang Snyders boetes wat van Paarl-, Hermanus-, Stellenbosch- en selfs sover as De Aar-verkeersdeparte­mente kom en waarvan hy niks weet nie.

Dit is tóé dat Snyders besluit het om Paarl-verkeersafdeling te besoek om dié voorval aan te meld sodat daar ondersoek ingestel kan word.

Met raad wat hy by die verkeers­afdeling ontvang het, het Snyders ’n vertoë gerig en sodoende is een van die boetes afgeskryf.

Die verkeersdepartement het ook belowe om die saak verder te ondersoek.

Maar daar het nog niks gekom van die leë beloftes wat aan hom gemaak is deur die verkeersdepartement nie.

“Tot vandag toe het niemand enigiets omtrent die saak gedoen nie,” sê ’n moedelose Snyders.

Snyders het ook talle kere by Wellington-verkeersafdeling gaan aanklop om dié probleem op te los, maar is elke keer na die Paarl-verkeersdepar­tement verwys.

“Eendag toe ek op pad was na ’n koöperasie in Paarl, sien ek toevallig die skuldige wat met die Toyota Land Cruiser met dieselfde nommerplaat as myne ry. Ek het langs die voertuig stilgehou, ondersoek ingestel en gesien dat sy lisensieskyfie glad nie ooreenstem met sy nommerplaat nie,” verduidelik Snyders.

Dit is tóé dat Snyders weer die Paarl-verkeersdepartement besoek om die voorval asook bewyse aan te meld.

Hierdie keer is aan hom belowe dat verkeersbeamptes ondersoek gaan instel en self die nommerplaat van die bestuurder sal verwyder.

“Maar weer het daar niks van hierdie beloftes gekom nie,” sê Snyders. Die verkeersboetes wat Snyders ontvang, is volgens hom elke keer tussen R200 en R800.

Teen druktyd kon Drakenstein-munisipaliteit nie terugvoering gee nie.

. A man from Wellington does not know what to do with his cloned number plate, after asking the traffic department for assistance every time. He keeps on getting fines.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.