Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Munisipaliteit maak planne

Drakenstein-munisipaliteit het verlede week ’n groot stap in die rigting van gemeenskaps­veiligheid geneem.

Dít met die bekendstelling van die nuwe munisipale beheersentrum in Breda­­­straat 60.

Die moderne beheerkamer sal in verbinding wees met alle ander reddingsdienste en misdaadbekampingsinstansies soos die brandweer, verkeers­dienste (munisipaal én provinsiaal), die nasionale polisiediens, metrodienste, veiligheidsmaatskappye en verskillende plaaswagte.

Dié instansies se kragte sal dus saamgevoeg word om spoedig op te tree in gevalle van misdaad en noodgevalle, én dit kan dadelik hanteer word. Die sentrum sal ook gebruik word om verskillende kamera- en toesigstelsels soos LPR-sagteware (kenteken­plate­herkenning) en beeldmateriaal met mekaar te verbind wat dan 24-uur beman sal word.

In die sentrum is daar selfs ’n hommeltuig-platform om só toesig oor die vallei te hou. Wanneer die nuwe sentrum in werking is, sal dit maak dat reddingsdienste en misdaadbekampingsinstansies nóg vinniger in noodsituasies reageer.

Gedurende die bekend­stelling van die sentrum is daar reddings-, brandweer- en polisievoertuie uitgestal en personeellede van wets­toepassing, wetgewing en verkeersbeamptes het die openingsdag bygewoon.

Die inisiatief is glo deel van die Drakenstein Smart Safety Network (DSSN) wat beoog om tegnologie aan te wend vir nooddienste. Deur alle netwerke en nooddienste deur middel van tegnologie aanmekaar te skakel in een gestruktureerde netwerk, kan alle aandeelhouers die gaping toemaak waar misdaad deurglip.

Só kan nooddienste ook vinniger en doeltreffender reageer op alle ongewone alarms of omstandighede.

Die Drakenstein-munisipaliteit het nie die Paarl Post genooi na die bekendstelling van die beheersentrum nie en hy het ook geweier om inligting rakende die beheersentrum te verskaf.

• Drakenstein Municipality took a major step towards community safety last week. This is with the launch of the new municipal control center at 60 Breda Street. The modern control room will be linked to other rescue and crime-prevention agencies to respond faster.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.