Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Musiekonderwyser getuig

Die Paarl-musiekonderwyser wat daarvan beskuldig word dat hy ’n 16-jarige skoolseun by ’n musiekles ­molesteer en verkrag het, het Vrydag (8 Maart) in die Paarl-streekhof getuig.

Abrie Wentzel (64) se advokaat, Ken Klopper, wat in opdrag namens Faure & Faure in die opdraggewende prokureur, Christie Viviers, opgetree het, het hom ondervra.

Hy het in November 2017 skuld op al die aanklagte teen hom ontken.

Wentzel het Vrydag in die hof gesê die beweerde voorval het nooit plaasgevind nie.

Die klaer beweer die voorval het tussen 2008 en 2010 by die verdagte se woning in Noorder-Paarl by ’n musiekles plaasgevind.

Wentzel is op 19 Februarie 2017 hiervoor in hegtenis geneem.

Die beskuldigde het in die hofbank getuig dat hy sy beroep as musiekonderwyser van 1976 tot 2017 beoefen het.

“Van 1983 tot 2006 was ek ’n musiekonderwyser by Laerskool Noord-Eind totdat die departement van onderwys die musiekpos by die skool beëindig het. Daarna het ek elke keer private musieklesse by die skool aangebied asook by my huis in Noorder-Paarl.”

Sy advokaat het Wentzel se huis se vloerplan aan hom gewys om aan die hof te verduidelik waar hy sy musiekles in die huis aangebied het.

Wentzel het gesê dat hy musieklesse in die middae aan vyf tot 20 studente per week aangebied het.

Sy advokaat wou weet of hy ’n vasgestelde program tussen 2008 en 2010 gehandhaaf het en hy het daarop geantwoord en “ja” gesê.

“Ek het die skool 14:15 verlaat en teen 14:30 en soms later met my les begin,” sê Wentzel.

Verder het hy vertel dat hy die slagoffer reeds van graad 1 tot graad 7 ken toe hy musieklesse by hom by sy laerskool ontvang het.

“Toe hy graad 7 voltooi en hoërskool toe is, het hy gevra om musieklesse by my te neem.”

Wentzel se advokaat wou weet hoe hy sy klas vir die musiekstudente sou aanbied.

Die beskuldigde het geantwoord: “Ek sou ’n meisie of ’n seun elkeen ’n drukkie gee, hulle vra of hulle ’n lekker dag gehad het, en daarna hul huiswerkboek neem en vra of hulle geoefen het.”

Wentzel het ook volgehou dat sy kleindogter (nou 10), wat toe twee jaar oud was, in sy musieklesse gereeld by die kamer kom inloer het terwyl die deur wawyd oop was.

Die beskuldigde het ook ontken dat hy naskoolse klasse by Laerskool Noord-Eind aangebied het.

Vriende, familie en ondersteuners van die slagoffer het die hofverrigtinge bygewoon met T-hemde wat woorde uitgebeeld het hoe hulle oor die verdagte voel. “Silence is not golden sing# I won’t keep silent so that you can keep comfortable.”

Soortgelyke klagte is deur die jare teen Wentzel aanhangig gemaak, maar is telkens deur die ouers van die jong klaers teruggetrek.

Lt.-kol. Marissa Gordon-September van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), moedig alle slagoffers aan om na vore te kom. Bel 021 872 3546.

Die saak is uitgestel vir kruisverhoor op 29 en 30 April.• The music teacher (64) of Northern Paarl, who was charged with child molestation and rape, has testified in court.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.