Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n ‘Freeborn’ in Suid-Afrika?

Kan jy werklik sê jy is ’n “Freeborn” in Suid-Afrika?

As matriekleerder met geskiedenis as vak, kry ek vreeslik hoendervleis wanneer ek kyk na die foto van Hector Pieterson.

Op 16 Junie word Jeugdag herdenk, ’n dag wat ons herinner aan die jong­mense wat hul lewe opgeoffer het vir vryheid in hierdie pragtige land van ons.

Hulle was gemotiveer deur die woorde “vryheid nou en opvoeding later”. Wat is die slagspreuke wat jou motiveer om te streef na ’n beter lewe?

Vandag ná sowat 25 jaar van demokrasie het ons almal toegang tot opvoeding, opvoeding wat ons elkeen in ons eie moedertaal kan ontvang. Is dit nie wonderlik nie? Die vraag is egter, maak jy gebruik van die geleenthede wat vir jou gebied word, maak jy die beste van die opvoeding wat jy kry?

Vandag kan ons enigiets bereik, ons drome behaal, maar is ons bereid om daarvoor opofferings te maak soos die jongmense in 1976? Ons het elk ons eie lewe in ons hande. Ons kan en het die sleutel om ons eie omstandighede te verbeter. Opvoeding is een van die grootste sleutels.

Onthou die woorde van ons wyle en geliefde President Nelson Rohihlala Mandela (Madiba): “Education is the most powerful weapon, which you can use to change the world” – met ander woorde opvoeding is die sleutel om jou eie wêreld of omstandighede waarin jy leef te verander.

Die lewe is glad nie maklik nie, veral nie vir ons as jongmense nie. Baie van ons jongmense verval in dwelms en depressie omdat ons dink ons is nie sterk genoeg nie, ons onderskat ons eie waardes, potensiaal en drome, maar intussen sirkuleer ons dryfkrag en innerlike gawe hier binne ons en kan nie wag om soos ’n fontein te vloei in ons lewe nie.

Ja ons het elkeen ons eie omstandighede. Dalk omdat jy in armoede grootword, dink jy jy is nie goed genoeg nie, dink jy jy sal nie sukses kan bereik nie. Wel dit is nie die geval nie. Vele jongmense styg uit bo hul omstandighede omdat hulle positiewe denke en ingesteldheid het. Omstandighede bepaal nie wie jy is nie, jy kan wel jou omstandighede bepaal.

Wees ’n produk van jou keuses en nie ’n produk van jou omstandighede nie. Dit hang van jouself af, waar jy jouself in die toekoms sien. Stel jou doelwitte en streef daarna. Wees jy die sterker een en laat jou omstandighede, wat ook al dit mag wees, jou dryf om sukses te behaal en om ’n beter JY te word!

As die jeug het ons natuurlik, elk ons eie uitdagings, maar kom ons maak elke uitdaging ’n spel met ’n groot beloning aan die einde!

Ons voel soms dat ons groot genoeg is om ’n groot besluit in ons lewe te neem, sonder om ons ouers te raadpleeg en ja sekerlik kan hul soms ’n taai toffie wees, maar hulle kom al deur baie dinge, hulle was ook eens op ’n tyd die jeug. Ek dink ons kan talle waardes en padkos by hulle kry. Die interessante ding is dat ons ouers by ons ook iets kan leer, veral met die nuutste tegnologie.

Maar met al hierdie dinge gesê, hang dit van ons self af. Wat wil ek in die lewe bereik? Wat wil en kan ek in hierdie wêreld verander. Ons is nog jonk, ons is vol woema en stamina, kom ons doen eerder iets goed en insigge­wend wat ons land kan vernuwe en herenig.

Laat die jeug van 1976 ons bemoedig en inspireer om dinge aan te pak wat ’n positiewe invloed sal hê op ons as jeug en land as geheel. Ons het is gebore met dit! Laat jou drome jou laat vlieg tot waar jy jouself sien!

Kom ons bou saam een Suid-Afrika deur mekaar te respekteer en te steun.

Want hoe vry is ons werklik as ons nie eens as jongmense ons vlerke vrylik wil sprei en vlieg nie? Neem selfver­troue en moenie jouself onderskat nie. ’nWees vry en leef elke oomblik tot die beste van jou vermoë en geniet die lewe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.