Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nederburg Primêr kry ses klaskamers

Na ’n jare lange geveg met die onderwysdepartement vir ekstra klaskamers kan Nederburg Primêr uiteindelik sê dat dit nie tevergeefs was nie.

Ses nuwe klaskamers is Donderdag 5 Maart amptelik geopen. Die skoolhoof, Melville Lawrence, sê die kinders is baie opgewonde.

Lawrence glo met die nuwe klasse sal die gehalte van onderrig by die skool ook verbeter. “Die nood was groot, want die bestaande geboue was in ’n uiters swak toestand en ons moes uiteindelik die munisipaliteit kry om die klaskamers af te keur en op grond daarvan het die departement ingetree en ingewillig om die nuwe ses klasse gedeeltelik te finansier,” het hy bygevoeg.

Die nood by die skool het veral gedruk omdat die leerdertal die afgelope ses jaar van 806 tot 850 gegroei het. Volgens Lawrence het die skool tot onlangs nie eens ’n personeelkamer gehad nie, want een van die klasse word daar gehuisves.

Tussendeur die projek het verskeie borge aan boord gekom, soos die Val de Vie-stigting, Woolworths, My School-projek, die Foschini-groep, Rhodes Food Group (RFG) asook die Hopewell Verenigde Metodistekerk van Amerika.

Lorraine Hadfield, ’n adviseur by die Val de Vie-stigting, sê die Khula Development Group het die projek by Nederburg Primêr onder hul aandag gebring. Hadfield het verder bygevoeg dat dit hulle ’n jaar geneem het om geld in te samel tot en met die opening van die nuwe klasse.

Die nuwe klaskamers sal nou gebruik word vir twee gr.7- en vier gr.R-klasse.

Lawrence sê hoewel hy die dryfkrag agter die projek was, het sy personeellede bankvas agter hom gestaan.

Die kinders is by die inwyding­seremonie met geskenke en ’n spesiale vertoning deur Khula Development Group bederf. Die vertoning het leerders aangemoedig om in die skool te bly en verduidelik hoe om met begrip te lees, hul paspoort tot die lewe sal wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.