Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
NID vra jóú steun om grendeltyd te oorleef

WORCESTER – Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) kort jou hulp en ondersteuning om deur die grendeltyd te kom.

’n Vreemde soort stilte heers op die kampus van NID in Worcester. Die klaskamers en koshuise by NID Opleiding is leeg en verlate; só ook die groepshuise en werkwinkels by die NID se sorg-afdeling. Slegs ’n handjievol bejaardes en meervoudig-gestremde dowe inwoners word tans in dié sorg-eenheid gehuisves.

“Die dowe studente en die meeste van die inwoners is vir die nasionale inperking na hul ouerhuis en families uitgeplaas. Baie van hierdie mense het egter ongelukkig nie ’n doof-toeganklike en doof-vriendelike ondersteunings­netwerk of omgewing by hul ouerhuise nie. Sommige families is nie gebaretaal magtig nie en kan nie doeltreffend met hulle kommunikeer nie. Die NID is vir baie ’n tuiste waar hulle met ander dowes kan kommunikeer en sosialiseer; ’n plek waar hulle verstaan word en waar hulle voel hulle behoort. Hierdie is ’n besondere hartseer- en ‘alleen’- tyd vir so baie van hulle,” vertel Hannerie Swart, die ontwikkelingsbestuurder van NID, aan Standard.

Uit die aard van die nasionale inperking en om die studente se veiligheid en gesondheid te verseker, is dit nog nie moontlik om hiermee voort te gaan nie.

“Ook die NID se verskillende sake-eenhede soos die gastehuis, teetuin en washuis op die kampus is weens die Covid-19-pandemie gesluit en skep tans geen inkomste nie. Baie van die dowe studente en inwoners werk by of is blootgestel aan hierdie eenhede. Die NID kan dus nie hierdie dienste aan die publiek lewer met die risiko dat NID-begunstigdes aan die virus blootgestel word nie.

“Inwoners word in groepshuise gehuisves waar die virus maklik aan ander inwoners oorgedra kan word, en baie van hulle is bejaard of ly aan bestaande siektetoestande. Die NID se eerste prioriteit is om die veiligheid en gesondheid van ons dowe begunstigdes te verseker en dus is die sake-eenhede tot verdere kennisgewing gesluit,” voeg sy by.

As organisasie sonder winsbejag is die NID verantwoordelik om self geld en inkomste te genereer om volhoubare dienste aan sy dowe begunstigdes te kan lewer.. Stuur gerus e-pos na fr.nid@nid.org.za indien jy graag die behoefte-lysie wil ontvang en ’n bydrae wil lewer. Geldelike bydraes ten bate van hul versorging is ook baie welkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.