SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Nóg ’n verbrande lyk gekry

Uitgebrande lyke word kort-kort in die Drakenstein-gebied aangetref. Wat die wreedaardige moordenaars gewis nie in ag neem nie, is die gevaar wat hulle skep vir inwoners in die omgewing wanneer hulle hul gruweldade met vlamme probeer versteek.

’n Lyk is Saterdag 23 November naby die Keerwederpad gevind nadat ’n brand by owerhede aangemeld is. Volgens bronne is die polisie 18:30 ontbied nadat die Drakenstein-plaaswag wat brand­bestryding gedoen het, op die lyk afgekom het. Die lyk was erg verbrand en het ’n oop wond bo die regteroog gehad. Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, sê die man is vermoedelik geskiet en toe aan die brand gesteek. Geen vuurwapen is egter op die toneel gevind nie.

Die slagoffer het ’n blou denim en ’n rooi en wit baadjie aangehad, wat volgens getuies “aan sy liggaam vasgebrand het”.

Du Plessis sê die slagoffer se identiteit is onbekend. Enigiemand met inligting word versoek om die Paarl-polisie by 021 807 4000 te kontak. Du Plessis sê die polisie ondersoek die moord. • On Saturday 23 November a body was found near the Keerweder Road after a fire was reported to local authorities. Police were called at around 18:30. The body was badly burnt after it was set alight in an attempt to conceal the crime. The deceased had an open wound above his right eye, which is believed to be a gunshot wound.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.