Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe ambulansnommer vir Drakenstein en Stellenbosch

PAARL – Die ambulansdiens EMS Metro in Paarl, Stellenbosch en omlig­gende gebiede het ’n nuwe kontak­nommer.

Dít kom nadat die kontaksentrum onlangs van Khayelitsha na Worcester verhuis het. Volgens Deanna Bessick, die woordvoerder van die Wes-Kaapse EMS Metro vir mediese nood- en forensiese patologiedienste, word alle selfoonnetwerke outomaties herlei en na die Worcester/Overberg-sentrum deurge­skakel wanneer mense 10177 of 023 346 6000 skakel.

Bessick sê die sentrum is voorbereid om die Drakenstein-streek te dek en streef daarna om doeltreffende diens te lewer. Die geskatte tyd waarop die ambulansdiens op ’n prioriteit 1-geval (lewensgevaarlik) reageer, is 15 minute, en ’n prioriteit 2-geval (nielewensgevaar­lik) kan tot 40 minute neem.

Bessick sê die beskikbaarheid van voertuie en die pandemie is ’n uitdaging veral omdat voertuie eers ontsmet moet word alvorens hulle na die volgende oproep kan uitgaan. “Ons vra om altyd ’n selfoonnommer asook die korrekte adres te verskaf. Wanneer die oproep geregistreer word, ontvang die oproeper ’n SMS met ’n verwysingsnommer.

Die oproeper ontvang ’n tweede SMS wanneer die ambulans by die adres opgedaag het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.