Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe biblioteek sal ‘groen’ wees

’n Splinternuwe biblioteek wat in Groenheuwel gebou word, sal sy deure na verwagting Donderdag 5 September vir die gemeenskap daar open.

Volgens Gerald Esau, waarnemende uitvoerende direkteur: ingenieursdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, sal dié nuwe biblioteek die konsepontwerp vir toekomstige biblioteekgeboue in Drakenstein wees.

“Die nuwe gebou sal omgewingsvriendelik wees en dienste aan die gemeenskap lewer soos ’n ateljee vir gemeenskaps-aktiwiteite, meer rekenaars en toegang tot die internet en ’n goed toegeruste kleuterafdeling wat op voorskoolse ontwikkeling fokus,” het Esau gesê.

Die gebou wat tans gebruik word, is ’n “pre-fab”-struktuur wat besig is om te verval.

Esau sê biblioteekgebruik het die afgelope paar jaar aansienlik gegroei – dus is meer ruimte vir gemeenskapsaktiwiteite nodig.

“Die inwoners kan uitsien na ’n baie moderne en goed toegeruste biblioteek met heelwat meer operasionele ruimte. Die munisipaliteit onderneem om die beste diens moontlik aan die gemeenskap te lewer ter wille van die ontwikkeling van Groenheuwel en omliggende gemeenskappe,” het Esau gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.