Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe noodsentrum versnel reaksietye

Drakenstein-munisipaliteit het Dinsdag 3 Desember amptelik die Drakenstein Sentrale Bedryfsentrum (DSB) by Bredastraat 60 bekend gestel.

Die sentrum is ontwerp om reaksietye vir enige noodgevalle en ook die koördinering van verskeie nooddienste wat, onder meer brande, natuurlike rampe, misdaad, grondbesettings of padongelukke insluit, te verbeter.

Die DSB sal deurlopende kommunikasie met ander veiligheidrolspelers behou. Die sluit in alle brand- en reddingsdienste, verkeersdienste, die nasionale polisiediens, plaas- en buurtwagte en geregistreerde veiligheidsmaatskappye in die Drakenstein-gebied.

Deur dié netwerk sal die DSB toegang tot inligting kry en pogings kan kombineer om nooddienste se reaksie­tyd te verminder en meer doeltreffend te maak. Die inligting word van kringtelevisiebeeldmateriaal van reg oor die gebied verkry. Dit sluit in nommerplaat-herkenningstegnologie vir voertuie, regstreekse beeldmateriaal van hommeltuie en algemene beeldmateriaal van openbare kameranetwerke af.

Munisipale dienste sal ook nou saam met buurgebiede se munisipaliteite werk, wat die Stad Kaapstad insluit.

Verder sal Drakenstein-munisipaliteit toegang tot die uitleg van alle infra­struktuur in een databank kan verkry om so spoedig moontlik op munisipale noodgevalle, soos onder meer gebarste pype, te reageer.

Die burgemeester, Conrad Poole, sê die inisiatief vorm deel van Drakenstein se Smart Safety Network, wat ’n samewerkingsprojek tussen die munisipaliteit, die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid, die polisie en die private sektor is.

“Die sentrum sal ’n platform bied om saam met ons veiligheidsvennote te werk. Ons sal nou regstreeks inligting oor veiligheid- en misdaadvoorvalle en bedreigings met behulp van innoverende tegnologie kan deel,” sê Poole. “In baie gevalle is ’n vinnige reaksie deur die relevante dienste en hul hulpbronne noodsaaklik om ’n ramptoneel af te sper voor dit buite beheer raak,” verduidelik Poole.

Hy is verder ook van mening dat die inisiatief bydra tot die Drakenstein-munisipaliteit se doel om sy burgers goeie lewensgehalte en ’n skoon en volhoubare omgewing te gee, terwyl doeltreffende oplossings toegepas word.• Drakenstein Municipality launched their Drakenstein Central Operational Centre, based in Paarl, on Tuesday 3 December. The goal is to speed up response times and to improve the coordination of various emergency services when responding to emergencies - be it fires, natural disasters, criminal activities, land invasion or road accidents.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.