Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe skoolkalender uiteindelik bekend

Die departement van basiese onderwys het uiteindelik ’n voorlopige skoolkalender vir 2021 bekragtig.

Die eerste kwartaal begin Maandag (15 Februarie) en eindig op 23 April. Leerders en onderwysers sal dan ’n week vakansie hê voordat skole weer op 3 Mei vir die tweede kwartaal begin.

Die tweede kwartaal sal op 9 Julie eindig met ’n vakansie van twee weke.

Skole is daarna van 26 Julie tot 1 Oktober aan die gang.

Die vierde kwartaal begin op 11 Oktober en skole sluit die jaar op 15 Desember af.

Volgens Millicent Merton, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdeparte­ment (WKOD), is die bepalings wat verlede jaar deur die departement van basiese onderwys (DBO) uitgereik is, steeds van krag.

“Skole moet steeds toesien dat ’n veilige afstand van een meter tussen leerders gehandhaaf word.

“Leerders moet maskers dra en siftings­prosedures is van toepassing. Alle ander gesondheids- en veiligheidsprotokol moet in werking gestel word.”

Volgens Merton moet skole voortgaan met die afwisseling van leerders of grade volgens hul tydelik hersiene onderwysplanne soos aan die einde van verlede jaar.

Hoewel duisende kinders Maandag met skool gaan begin, is 66 gr. 1-leerders en 210 gr. 8-leerders teen Dinsdag steeds nie by ’n skool geplaas nie.

“Skole in die gebied kan al die leerders huisves. Distriksamptenare het ouers van leerders in gr. 1 en gr. 8 in Paarl, Wellington en Mbekweni gekontak en die beskikbare opsies met hulle gedeel,” het Merton gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.