Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oë uitgesteek: Man sterf

’n Man van Wellington is die naweek dood nadat hy aangeval en grusaam aangerand is.

Jaun Paul Groenewald (28) se oë is Saterdagaand 28 September met ’n skerp voorwerp uitgesteek. Hy is daarna na die Paarl-hospitaal en is toe na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas.

Dié aanval het volgens die polisie op die plaas Burgersdrift tussen Wellington en Hermon gebeur. Sy 40-jarige aanvaller is in hegtenis geneem, maar is nie deur die polisie geïdentifiseer nie.

Die motief vir die aanval is onbekend.

Talle Wellingtonners het die oorledene se skoonfamilie geldelik bygestaan toe hulle hul Sondag noodgedwonge na sosiale media om hulp gewend het. Sy skoonma skryf dat hulle brandstofgeld en lugtyd nodig gehad het om hom tot by Tygerberg-hospitaal te kon kry. Sy en haar dogter het die gemeenskap later ingelig dat hy aan sy wonde beswyk het.

Groenwald is twee dae ná die aanval in die Tygerberg-hospitaal dood. Hy het glo 24 uur gewag voordat hy behan­deling ontvang het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.