Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onbekende lyk nog nie uitgeken nie

Die lyk van ’n 30-jarige man is Saterdag 5 Mei kort ná 10:00 in die Bergrivier naby die taxistaanplek gevind.

Kinders wat naby die oewer van die rivier gespeel het, het op die man se lyk afgekom toe hulle iets op die water sien dryf het.

Volgens Paarl-polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis, het lede van die gemeenskap die polisie na die toneel ontbied.

Reddingswerkers het die lyk uit die rivier verwyder.

Sedertien is die man se lyk steeds nie uitgeken nie.

Die Paarl-polisie ondersoek die verdrinking.

Enigiemand met meer inligting rakende die voorval, kan die polisiekantoor by 021 807 4000 of 079 894 1706 skakel.

Indien die publiek die polisie kan help om die identiteit van die man te bepaal, word hulle gevra om die forensiese eenheid, Paarl, by 021 862 2047 te bel.

Hulle kan ook die forensiese eenheid by die TC Newman-daghospitaal besoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.