Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onderwyser se dood ruk die Paarl-gemeenskap

Die Paarl-gemeenskap was einde verlede week geskok ná die tragiese dood van ’n geliefde onderwyseres.

Michelle Pietersen (58) is Donderdag­oggend 28 November tragies op die N1 dood ná ’n kwaaddoener ’n rots na die voertuig waarin sy was, gegooi het. Besonderhede oor die sinnelose klipgooi het nasionale nuusopskrifte gehaal.

Sy en haar man, Anton, was van die Kaap op pad terug na Paarl toe hul voertuig naby Simonsvlei met die reuseklip gegooi is. Anton vertel nadat die klip vir Michelle getref het was sy byna onmiddellik dood. Die klip het ’n hoofslagaar getref en Michelle is in die voertuig dood. Anton vertel hoe hy vir haar geskree het om by te bly terwyl hy na Mediclinic gejaag het.

Pietersen was vir 36 jaar in die onderwys. New Orleans Sekondêre skool, waar sy gewerk het, het haar dood op sy Facebook-blad aangekondig. Anton vertel sy vrou was ’n getroue Paarl Post-leser.

“Elke Donderdagoggend het die vrou wat by die skool tee maak geweet sy moet die koerant gaan koop,” vertel hy.

Intussen het die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, Maandag 2 Desember in ’n mediaverklaring gesê hy veroordeel ten sterkste die klipgooiery ná nog ’n motoris op die N1 geteiken is.

’n Vrou se voertuig is Saterdag 03:00 met klippe gegooi toe sy naby die Koeberg se M5-afrit tot stilstand gedwing is. Die pad was met klippe versper, maar sy kon daarin slaag om te vlug. ’n Klip het haar egter ook in die gesig getref.

“Ek sal ’n dringende vergadering met die minister van vervoer en openbare werke, Bonginkosi Madikizela, reël om die dringende kwessie van klipgooi op die N1-snelweg aan te spreek – veral gedurende die feestyd. Ek is verder op soek na ’n beloning om vir diegene te gee wat die klipgooiery aanmeld en die skuldiges uit te wys,” het Fritz gesê.

Anton sê ’n huisdiens sal Saterdag 7 Desember om 10:00 by hul huis vir sy vrou gehou word en daarna sal ’n roudiens 11:00 by die Bethal Congregational Church plaasvind. Daar sal ook Donderdagaand (5 Desember) vir haar ’n huldeblyk by Bethal Congregational Church gehou word.

Michelle word deur haar man Anton en vier kinders Inge Scott, Charl, Irma en Kina Pietersen oorleef.

• The community was left in shock last week following the tragic death of a beloved Paarl teacher. Michelle Pietersen died tragically on the N1 on Thursday 28 November, after an unknown person threw a rock at the vehicle she and her husband were travelling in.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.