Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontmoet die ‘nuwe’ voedingskema

’n Verandering is so goed soos ’n vakansie en ná die onlangse vakansie kry een van Paarl se bekendste organisasies sonder winsbejag, 2nd Harvest, ’n nuwe naam.

Dié voedingskema is van 1 Januarie af bekend as Outside the Bowl Africa. Die organisasie verskaf daagliks voedsel in die vorm van vitamien-aangevulde pap en warm middagetes aan duisende kinders en volwassenes in die Drakenstein.

Mark Maingard, stigter van die organisasie, sê hulle is opgewonde oor die verandering en dat dié verwik­keling meer ooreenstem met die groei van die organisasie in terme van hul internasionale vennote. Die handels­merk sal heeltemal herontwerp word met ’n nuwe kenteken en handels­merk. Die bankbesonderhede bly egter onveranderd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.