Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Oppas vir tweede vlaag van die Covid-19-pandemie’

Dit is nou baie belangrik dat ons moet volhou om ons maskers te dra, hande te was en ’n veilige afstand van ander te hou sodat ons ’n tweede opvlamming van die Covid-19-pandemie kan verhoed, waarsku medici van die Paarlse Hospitaal.

Nadat ’n gesondheidswerker gehoor het dat Batallion FC, ’n sokkerspan in Mbekweni, gereed maak om oefening te hervat, het hy gereël dat ’n verpleegster die span oor Covid-19 toespreek sodat elke speler weet wat sy verantwoor­de­lik­hede is nog voordat hy die veld betree.

“Saam het ons gesorg dat Covid-19 se verspreiding vertraag word. Ons moenie nou slaplê met die nakom van veilig­heidsmaatreëls nie. Almal moet heroor­weeg hoe hulle deur die dag gaan sodat ons mekaar kan beskerm en ’n tweede vlaag van dié pandemie voorkom,” sê Raymond Bushwana, die gemeenskap­skakelbeampte van die Wes-Kaapse regering se gesondheidsdepartement in die Kaapse Wynland.

“Soos inperkingsreëls verslap, het die publiek ’n groter verantwoordelikheid om toe te sien dat Covid-19 nie versprei nie. Dra jou masker, was gereeld hande, moenie spoeg nie en hou ’n afstand van 1,5 m van ander. As jy siek is, moenie gaan werk of skool toe gaan nie. As jy dink jy het Covid-19 bel jou kliniek, dokter of 021 928 4102,” het hy gesê.. It is now very important that we continue to wear our masks, wash our hands, and keep a distance from others so that we can prevent a second flare-up of Covid-19, warns medical staff at Paarl Hospital.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.