Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oproer oor verbetering van stadion

Die sportgemeenskap in die Draken­stein is weer eens oproerig oor die gesloer met die langverwagte opgra­dering van die Pelikaanpark-stadion in Wellington.

Volgens verskeie klagtes is rugby­klubs, wat gereeld gebruik gemaak het van dié veld, ongelukkig dat hulle ekstra uitgawes moet aangaan om na ander plekke te reis om wedstryde te speel.

Weens die tydsame opgradering van Pelikaanpark kon daar nie dié seisoen van die stadion gebruik gemaak word nie.

“Pelikaan­park is gewoonlik in die rugby­seisoen ’n baie aktiewe sportveld met van die top-klubrugby­wedstryde wat hiér plaasvind,” het ’n klublid gesê.

Soos vroeër hierdie jaar in Paarl Post berig, is die beplande opgra­derings­werk by die Pelikaanpark-stadion op skedule.

Fase 1 van die opgradering is reeds in April 2019 afgehandel, soos ooreengekom met die gebruikers van die geriewe en die Drakenstein se sportbeheerraad.

Volgens Gerald Esau van die Drakenstein-munisipaliteit was daar gereelde kommunikasie rakende die opgraderingswerk by die Pelikaan-sportgeriewe tussen die gebruikers van dié geriewe en die Drakenstein-sportbeheerraad.

“Ons verstaan daar is tussen die partye ooreengekom dat hulle liewer hierdie seisoen die opoffering moet maak om op alternatiewe velde te gaan oefen en speel.

“Gedurende die 2018-’19- boekjaar is die geëlektrifiseerde grensmuur, kaartjiekantoor, ablusiegeriewe, vergaderlokale en kleedkamers gebou. Daar is selfs ’n nuwe paviljoen opgerig,” het Esau gesê.

Gedurende die volgende boekjaar (2019-’20) sal die opgradering en draai van die velde afgehandel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.