Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Orleanspark-inwoners ‘in die duister’ oor verhuising

Drakenstein-munisipaliteit se behuisings­afdeling het onlangs Nutec-strukture by die tentedorp Orleanspark in Paarl-Oos opgerig, maar die inwoners sê hulle is steeds in die duister oor hul skuif van die tydelike nedersetting.

Die 54 gesinne wat in New Orleans­park, Paarl-Oos, gehuisves is, moes na die Schoongezicht-noordverblyfterrein in die Fairyland-gebied verskuif word, maar toe die gesinne in Desember 2019 na dié erwe wou trek, is die gebied deur grondbeset­ters binnegeval wat eis dat hulle voor­keur moet kry.

Die inwoners is destyds ná ’n lang hof­geding uit die berugte Blouhuis in Suider-Paarl gesit en tydelike behuising is deur die Drakenstein-munisipaliteit oopgestel. Die huis is direk ná die uitsetting gesloop. Hulle sou aanvanklik net tot Julie 2018 in die park gehuisves word.

Gerald Esau, die munisipaliteit se direkteur van gemeenskapsake, sê weens die vyandige omgewing kon die families van New Orleanspark nie hervestig word nie en die munisipaliteit het besluit om eerder Nutec-strukture in Orleanspark aan hulle te verskaf.

Inwoners met wie Paarl Post gesels het, voer aan dat hulle nie weet wat met hulle in die lang termyn gaan gebeur nie.

“Ons het besluit ons gaan nie na Schoongezicht nie, want ons wil nie ons lewe daar in gevaar stel nie. Hulle moet vir ons ’n beter plek kry,” vertel ’n inwoner wat vra om anoniem te bly.

By navraag of hulle bewus is van die jongste verwikkelinge sê inwoners dat stories gedurig verander.

Esau sê die munisipaliteit se behuisingsafdeling skakel met die gemeenskap en sorg dat hulle ingelig word oor alle prosesse.

Nietemin het die munisipaliteit se laaste formele betrokkenheid by hierdie gemeenskap op 13 Julie plaasgevind. Esau sê hulle sal voor 15 Oktober met die gemeenskap in gesprek tree om implementeringsdatums en -tydperke te bespreek. . Drakenstein Municipality’s housing unit recently erected Nutec structures at the tent town of New Orleans Park in Paarl East, but residents say they are still in the dark about their move from the temporary settlement.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.