Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oud-Gimmie in N1-ongeluk dood

Pendelaars was sowat twee uur lank in swaar verkeer vasgevang toe ’n oud­leerder van die Hoërskool Gimnasium Paarl op die N1 verongeluk het.

Charné Opperman (21) van Du Toitskloof is Maandag 2 Julie dood nadat sy uit haar motor naby Paarl geslinger is.

Volgens ’n ooggetuie, wat naby aan die toneel in Paarl-Suid werk en die tragedie aanskou het, het Opperman beheer oor haar voertuig verloor.

“Ek het net gesien toe die kar tot stilstand gekom het. Ons het nog opgespring en gekyk of daar ander voertuie betrokke was,” het sy gesê.

’n Ander ooggetuie het in die motor gekyk om te sien of daar nie ander passasiers is wat hulp nodig het nie, maar daar was niemand in die kar nie. “Die verkeersbeamptes was binne minute daar,” het sy gesê.

Volgens haar ouers, Frans en Theresa Opperman, het sy haar vriend in Kaapstad gaan aflaai en was sy op pad terug na die Paarl toe sy beheer oor die motor verloor het. Die motor het oor die middelman in aankomende verkeer gerol, maar het langs die N1 uit die Paarl tot stilstand gekom.

Brig. Neville Malila, polisiebevelvoerder, het bevestig Opperman het net ná 16:00 beheer oor die voertuig verloor.

Haar pa was vinnig op die toneel, maar Charné is reeds dood verklaar.

Charné het in 2016 aan die Hoërskool Gimnasium Paarl gematrikuleer en het onderwys vir die grondslagfase aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie studeer.

Haar ma het gesê sy was “spranke­lend” en haar pa sê sy was “altyd vrolik”. Hulle het ook gesê sy was ’n “plaasmeisie” wat lief vir hul perde was. “Sy was ’n volmaakte kind,” het Theresa gesê.

Haar pa het grappenderwys vertel Charné het nie van haar rybewysfoto gehou nie, want sy het gevoel sy lyk te ernstig en dit is nie wie sy was nie.

’n Goeie vriendin van Charné, Janke Alberts, het gesê sy was betrok­ke by verskeie aktiwiteite by die uni­versiteit. “Alles wat sy gedoen het was met ’n glimlag. Haar groot droom was om ’n onderwyseres te wees en sy sou beslis die passievolste juffrou wees. Sy was lief vir die kinders en het altyd alles gedoen om die kleintjies te help.”

Roubi Kapp, haar kêrel van 11 maan­de, het gesê hy sal die tyd saam met haar vir niks verruil nie.

Verskeie mense het op Facebook hul medelye gedeel. Een so ’n inskrywing lui: “Opperman was ’n ster in elke sin van die woord” en “die wêreld is beslis ’n armer plek ná haar dood”.

Haar gedenkdiens is Vrydag 6 Julie om 16:00 in die AGS kerk in Hoofstraat, Paarl.
. A young woman who matriculated at Paarl Gimnasium two years ago, died when she allegedly lost control of her vehicle on the N1 at Paarl.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.