Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oud-Landbouer gee ’n hand van hulp in tyd van nood

In moeilike tye het talle oud-leerders asook belanghebbendes van die Boland Landbouskool saamgespan om dié skool te ondersteun.

Landbouskool se oudstudentebond, bekend as Blob, is ’n ondersteunersbond en dus is enige oudstudente, ouers (huidige of oudouers) en algemene ondersteuners welkom om aan te sluit.

Die hoofdoel van Blob is om geld ten bate van Boland Landbou in te samel.

Voor die Covid-pandemie het Blob uit skaars 300 lede bestaan.

Met die koms van die Covid-19-inperking het enige skool baie ondersteuning nodig gehad omdat hulle weens die inperking geweldige finansiële uitdagings ondervind weens die meeste geldinsamelingsgeleenthede en -aktiwiteite wat tot stilstand gekom het.

Die bestuur van Blob het egter skouer aan die wiel gesit en met ’n reuseveldtog begin om lede te werf. Lidmaatskap aan Blob kos net R250 per jaar, of R5 000 vir lewenslange lidmaatskap. Die bestuur het met ’n uitdaging vorendag gekom dat die lid wat die meeste lede uit sy skooljaar werf, ’n spesiale braai vir hom en sy oudklasmaats sal wen.

Die wiele het rats begin draai en Blob se lidmaatskap het baie vinnig na meer as 1 000 lede gegroei, wat gelykstaande is aan een derde van al die skool se oudleerders.

Die geld wat nou hieruit ingewin is, is broodnodige inkomste wat die skool tot in die nuwe jaar kan help met byvoorbeeld instandhoudingswerk en ander take.

Die bestuur van Blob het gesê hulle is geweldig dankbaar vir hierdie ondersteuning vir hul alma mater.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.