Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ouma se tuin blom steeds ná al die jare

Sedert 1976 loop Violet Kota die ekstra myl om haar naaste te help en onlangs is sy vereer vir die werk wat sy met haar groentetuin doen.

Violet (70) het onlangs erkenning van die departement van landbou, bosbou en visserye vir vroulike entrepreneur ontvang. Hierdie ouma van 15 en oumagrootjie van drie woon en doen haar gemeenskapswerk in Mbekweni.

Ouma Violet vertel dat met die onluste in die Apartheids­jare baie mense as gevolg van die geweld seergekry het en het sy en nog vroue in die gemeenskap die beseerdes gehelp.

Sy het reeds in 1976 by Alan Carollissen, eienaar van PACRS, gaan aanklop vir hulp en hy het haar gehelp om ’n noodhulpkursus te kan voltooi en sodoende kon sy meer mense help.

“Ek kon met my noodhulp-kennis by sokker- en rugbywedstryde help en ek was ook by die hospitaal betrokke. Ek help ook mense wat bedlêend is,” vertel sy.

Violet vertel met die onluste het daar baie mense se huise gebrand en sy het dáár ook gehelp.

Haar passie vir omgee en uitreik het nie dáár gestop nie en sy het in 1980 aktief in haar gemeenskap begin werk. In 1993 het sy amptelik haar organisasie geregistreer as die Help & Health Feeding Project in Mbekweni.

“Ek het van plaaslike onderneming tot plaaslike onderneming gestap en gevra vir donasies sodat ek vir die kinders iets kan maak om te eet. Baie kinders se ouers werk en dan is daar niemand wat na hulle ná skool kan kyk nie. Ek het ook met die hulp van sake­ondernemings my eie groente­tuin begin om só groente vir die voedingskema te kan verskaf.”

Tot vandag toe is die deure van Help & Health Feeding Project oop om die inwoners te help.

Al het die bydraes van sakeondernemings as gevolg van die ekonomiese druk baie afgeneem en dit al hoe moeiliker raak om kos te voorsien, doen Violet steeds alles in haar vermoë om behoeftige kinders in haar gemeenskap te help.

Sy vertel dat sy ook steeds op dié ouderdom self in die groente­tuin werk.

“Ek werk alleen in die tuin. Ek kan nie vir ander mense vra om in my tuin te werk nie,” glimlag sy.

Violet vertel dat haar droom is om ’n groter plek te kry sodat sy meer kinders in die middae kan voed. Persone wat graag ’n skenking wil maak vir Violet se beplande Kerspartytjie of wat klere wil skenk, kan haar dogter Haizel by 071 784 3637 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.