Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paardeberg weer in aanval geteiken

Nóg ’n plaasaanval het die Paardeberg-omgewing vroeër hierdie week getref.

Dít volg minder as twee weke ná ’n aanval op ’n egpaar op die Slent-pad. In die nuutste voorval moes ’n man nood­ge­dwonge op sy vermeende aanvallers skiet. Siyabulela Malo, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaap-polisie, sê die aanval het omstreeks 03:45 Maandag (30 September) gebeur.

Kapt. Marko Heydenrych, ’n woordvoerder van die Malmesbury-polisie, sê die eienaar – wat alleen in die huis woon – het wakker geword en twee mans, gewapen met messe, in die huis gewaar. Die verdagtes het vermoedelik ’n buitedeur wat na die slaapkamer lei oopgebreek en só toegang tot die huis verkry. Malo sê die inwoner het toe ’n onbekende aantal skote in die rigting van die verdagtes geskiet en een van die verdagtes is noodlottig gewond. Die ander verdagte het te voet van die toneel af gevlug.

Heydenrych sê die polisie is nog op soek na hom en is nog onseker presies hoeveel verdagtes by die plaasaanval betrokke was. Volgens die eienaar was twee mans in die huis, maar spore op die plaas dui daarop dat moontlik nog verdagtes daar was. Die verdagtes het vermoedelik eers by ’n stoor op die plaas ingebreek waar hulle kraggereed­skap gesteel het voordat hulle na die huis beweeg het. Die eienaar van die huis is nie in die voorval beseer nie.• Another farm attack happened in the Paardeberg area early on Monday morning. The victim fatally shot one of the attackers. The incident happened less than two weeks after an attack on a couple on a farm on Slent Road.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.